Skip to content

Month: November 2023

Yster – Boek 1 Hoofstuk 2

”Yes, Rochelle.” groet hy toe sy weer die volgende oggend in die deur kom staan. ”Hoe lyk’it, wat sê
Dawie?”
”Dawie sê dis reg solank ek nie oral saam met jou hoef te beweeg nie en jy doen die skiet werk.” hy
glimlag en knik.
”Jy sal by die leerfabriek wees en ek hoop nie daar word geskiet nie, ek dink nie dis nodig nie.” sy
knik en glimlag.
”Wat is by die leerfabriek?” wil sy weet.
”Die meeste wapens in een houer.”
”Hoekom?”
”Ek weet nog nie, maar ek gaan beslis uitvind.”
”Watter leerfabriek?”
”Joubert Leather, South Africa.” sy kyk vir ‘n rukkie vol konsentrasie na hom en skud dan haar kop.
”Ek ken hulle nie.” hy haal ‘n glans tydskrif uit sy laai en gee dit vir haar aan.
”Hulle is toegespits op die luukse uitvoermark, dis nie in ons winkels beskikbaar nie.” sy trek haar
mond en hy glimlag. ”Die adres is daar.” sy blaai tydsaam deur die tydskrif en op die agterblad is
die eienaar saam met sy vrou, Katinka. Sy naam is Eben Joubert. Tweede generasie en baie trots op
sy handewerk wat sy Pa se visie voort dra.
”En dis wie jy is?” vra sy en kyk na die foto. Hy knik en sy frons. ”Hy is ouer as jy.”
”So paar jaar.”
”Nie net ‘n paar jaar nie, heelwat.” hy glimlag en knik. ”En hy dra ‘n bril.” hy maak die boonste laai
van die lessenaar oop en sit ‘n donker raam bril op. Sy kyk na hom en trek haar mond. ”Amper.” hy
glimlag en los die bril op sy neus. ”En dis sy vrou?” vra sy en kyk na die blonde vrou wat vol
selfversekering na die kamera kyk. Sy is net so oud soos hy en haar glimlag lyk opreg.
”Ja, dis sy vrou van vele jare, Katinka, hulle is nog altyd saam.”
”Waar is hulle?”
”By die fabriek, hulle gaan met vakansie sodra ons begin.” sy knik en kyk weer ernstig vir hom.
”Het hy nie grys geword nie?” hy skud sy kop.
”Nee, daar is mense wat nie grys word nie.” sy glimlag en kyk na sy hare. Dan trek sy haar mond op
‘n knop.
”Beslis is hy in die mode.” merk sy op en hy glimlag.
”Ja, hy is. Ek dink sy vrou hou daarvan.” sy kyk weer na die foto en dan na hom.
”Mmmm, miskien mense wat hom nie ken nie, maar mense wat hom ken sal weet.” sê sy skepties.
”Die idee is net om op die perseel te wees en te kyk wat gebeur, niks verder nie.” verduidelik hy. ”Sy
vrou het daarop aangedring, hy sal help as hy nie in gevaar gestel word nie. Ek gebruik sy kar en sy
huis terwyl hulle in die Wiltuin kuier. Ons het sy perseel nodig as die houer miskien opgelaai gaan
word voor die wapens uitgehaal kan word, ons weet nie hoe vinnig die manne sal werk nie.” dan sit
sy die tydskrif terug op die lessenaar en knik. ”My grootste uitdaging is dat die Johannesburg
ondersoek span my nie moet herken nie.”
”En as hulle jou herken?”
”Wel, dan sal ek ‘n ander plan moet maak, maar daar is ‘n kans dat die span wat aangestel sal word
saam met hulle sal werk. Dis die kans wat ek vat.”
”En dan?”
”Dan …” en hy huiwer ‘n oomblik, ”wel, dan raak dinge interessant.” vir ‘n oomblik kyk hulle net vir
mekaar. ”Ek hoop maar dis ‘n paar jong manne wat net hulle werk sal doen en huis toe gaan sonder
om verder betrokke te raak.”
”Jy dink so?”
”Ek hoop so, die opdrag is duidelik genoeg.”
”En Taite?”
”Ons sal sien, miskien kom hy nie eers in nie. Daar is nie soveel wapens nie.”
”Dan sê Dawie dis reg as jy jouself gedra.” en hy lag sag.
”Mooi. Het jy ‘n span?” vra hy en klink tevrede.
”Ek sal vandag ‘n paar manne kontak en jou laat weet wie ek kan kry.”
”Almal veilige operators wat jy kan vertrou?” maak hy seker sy verstaan die opdrag.
”Ek sal seker maak jou operasie word stil gehou.” hy knik tevrede. ”Wie is die man met die plan?”
”Bertie.” haar oë word groot van verbasing.
”Nee, man! By Jeppe?” hy knik. ”Hoekom nou hy?” hy lig sy skouers. ”Hoe gaan jy dit doen, hy ken
jou?”
”Daar is maniere.”
”Ek hoop jy weet wat jy doen, hy is nie dom nie.”
”Hy is nie slim nie.” sy frons. ”Hy gaan alles op die spel sit vir ‘n game waarin hy nie die reëls kan
beheer nie. William Taite doen net wat hy wil.” sy stap weer venster toe. Sy haal haar sigarette uit
haar sak en maak die venster oop. Tydsaam haal sy een uit en kry die aansteker.
”Wat het jy gehoor, hoekom doen hy dit?”
”Ek het niks gehoor nie.” verseker hy haar en dan steek sy die sigaret aan en suig diep aan die warm
lug.
”Hierdie wapens kom nou in, dit word versteek in die containers, die ontvangers weet ook nie
daarvan nie. Wat is jou plan?”
”Koen sal die Stasie laat weet dat daar verdagte invoere inkom, Bertie sal sy span kies wat dit sal
ondersoek en dan kyk ons wat gebeur.” sy rook klaar en druk die stompie dood.
”Hoekom sal die mense wat verdink word die goed in Johannesburg laat aflaai? Dis ‘n groot
waagstuk, veral as hulle weet ons weet.” vra sy en maak die venster toe.
”Dis hoekom Koen dit nie self doen nie, mense ken hom en hy moet in Kaapstad gekontak kan word
op die landlyn.” en sy gaan sit weer voor hom en druk die boksie en die aansteker in haar sak.
”Mense ken jou ook.”
”Nie almal nie.” sy glimlag. ”Hulle weet net van my, hulle ken my nie.”
”Jy dink nie dis dom nie?” hy lag sag en kyk in haar oë. ”Jy was nou net vir ses maande in die WesRand, hulle praat van jou eenheid. Die manne in Gauteng ken mekaar.”
”Ek sal my oë oophou en die bril dra. En ek het ‘n storie gepos dat ek na ‘n wapenskou toe gaan.”
”Gepos? Wat beteken dit?”
”Jy is nie die enigste een wat weet hoe ‘n storie werk nie.” sy lag sag.
”Waar is die wapenskou?”
”In Australie.”
”Mmmm. Is dit nou nie gerieflik nie?”
”Ja, dit is.” en sy lag vir hom.
”Werk jy saam met Doeane?”
”Ja, daar is iemand wat my help.”
”Fok, jy is ook net ‘n skelm in ‘n uniform, weet Hoofkantoor al hoe skelm jy kan wees?” hy lag sag.
”Hierdie keer dra ek nie ‘n uniform nie.”
”Dan stel Johannesburg ‘n ondersoek span aan, wat moet hulle doen?”
”Hulle moet die houers laat uitpak by die maatskappye, dit word dan na die Staat Pakhuis geskuif
waar die wapens uitgehaal word en in veilige bewaring gehou sal word.”
”Wat dan?”
”Dan word die operasie na die pakhuis verskuif, ons is klaar by die Joubert perseel en ons wag vir
hulle daar.”
”Almal by die pakhuis word vertrou?” hy skud sy kop.
”Nee, daar is manne daar wat Bertie ken van College af, ons sal moet dophou.” sy frons. ”Volgens
ons inligting moes hulle betaal voor verskeping. Hulle sal dit in die hande moet kry om hulle
kapitaal terug te kry. Hulle sal dit vinnig wil aanstuur.”
”Baie tyd en geld word onnodig bestee. Hoekom lê jy nie net beslag op die goed nie?”
”Want Koen wil hê ek moet skoon maak, almal wat betrokke is moet ingebring word. Dis
Hoofkantoor se opdrag.” sy trek haar mond en knik.
”En jy dink jy gaan almal bymekaar maak waar die goed gestoor word?” hy lyk vir ‘n oomblik
onseker.
”Ek hoop so, maar dinge kan altyd verkeerd ook gaan.” sy kyk ondersoekend na hom. ”As ons
vinnig en skoon werk is ons klaar voor die einde van Augustus. Ek wil nie tyd mors nie.” sy knik
weer.
”So jy wil opruim na ‘n maand?” hy knik weer.
”Niks meer nie, dis net ‘n paar houers. Ek moet beskikbaar wees vir die spanne as dit nodig is en ek
wil weer oral draai voor ek begin in Johannesburg.” sy knik lank en kyk na hom.
”Hoe gaan dit met Koen de Waal?” wil sy weet en hy kyk verras na haar.
”Is daar nou weer stories?”
”Net gehoor hy en sy vrou het moeilikheid, dan loop hy en dan gaan hy terug. Het jy nie ook gehoor
nie?”
”Jisses, julle klomp kan skinder. Natuurlik het ek ook gehoor maar die man kan seker sy eie
probleme hanteer.”
”Hei! Dis hoekom jy my gevra het om jou te kom help, ek ken almal wat skinder en dan skinder ek
saam en vind uit wat almal wil weet.” hy glimlag.
”Koen en Breggie is verlede jaar al geskei en jy weet dit al lankal.” sy knik en glimlag tevrede.
”Ek weet al vir jare dis hoekom ek party opdragte kry, en ek gee nie om nie. Ek weet hoe om te
gebruik wat ek hoor, dis hoekom Koen my nog na al die jare verdra. Ek laat hom goed lyk.”
”Dis nie die enigste rede nie, jy kan ‘n span goed laat saam werk ook.”
”Darem is dit die waarheid.” stem sy saam en hy glimlag.
”Vir my is hierdie soort operasies ‘n kans om vakansie te hou.”
”So eintlik is jy nou met vakansie?” hy knik. ”Net omdat jy nie skeer nie en nie jou uniform dra
nie?” hy knik instemmend en glimlag.
”Dis reg, en vir ‘n ruk mag ek wegstaan van bende geweld.” sy kyk fronsend na hom.
”Jy mis uit op die lewe, weet jy dit? Alles gaan nie net oor die Diens nie, daar is nog ‘n lewe
daarbuite waarvan jy heeltemal onttrek het. Mense lag en gesels nog saam as daar gekuier word.”
”Ek lag en gesels baie, ek mis nie veel nie.”
”Saam met jou eenheid se lede, jy het nie jou eie mense nie.” beskuldig sy en hy glimlag net.
”Ek het my eie mense en as dit nodig is gaan ek vir hulle kuier op die plaas, dis meer as wat ek kan
hanteer met die tyd wat ek het.” sy erken die klank in sy stem en vir ‘n oomblik voel sy jammer vir
hom.
Die lewe het hom sommer al vroeg vroeg ‘n paar taai klappe gegee, hy wou graag kinders gehad
het.
En hy sou ‘n goeie pa gewees het.
Een ding waarvoor hy ‘n vrou gaan nodig hê.
Maar hoe gaan ons groot en sterk word sonder ‘n paar klappe?
En hy is nog nie so oud nie.
As dit iets is wat hy nog wil hê het hy nog tyd.
Sy sit en kyk hoe hy die bril afhaal en neersit op die lessenaar.
”En Kobus Green en Karin is nog getroud?” wil sy weet.
”Sover ek weet, het jy iets gehoor?” antwoord hy en kyk fronsend na haar.
”Ek het niks gehoor nie, ek weet net Koen doen niks alleen nie. Hy het altyd ‘n sidekick nodig wat
hom moet aanmoedig en bewonder.” hy lag en stem saam sonder om iets te sê.
”Ek het ook nie iets gehoor nie.” sy knik. ”Nog vrae?” wil hy weet en sy kyk na die bril.
”Jy sal daai ding moet dra anders gaan jy vergeet.” hy sit die bril terug en glimlag vir haar.
”Dit sal deel van jou opdrag wees om my daaraan te herinner.” sy glimlag terug.
”Ons sal daaraan werk.” sê sy en staan stadig op, groet hom en stap weer na haar kar en vir ‘n
oomblik onthou sy die man se vrou baie duidelik.
Blond, blou oë, nie so lank soos hy nie maar amper.
En mooi, baie mooi, lyk sy nog so? Seker maar.
En maer, sy was met tye heeltemal te maer en dit kon hom oneindig irriteer, die ewige diete en
maandelikse gym kontrakte wat sy nie gereeld bygebring het nie.
Sy het altyd baie mooi aangetrek en die gladde, blink, blonde hare wat sy so oor haar skouers kon
gooi, was nie so natuurlik soos sy wou gehad het almal moes dink nie.
Sy het maar net soos al die ander vroumense ook die bleikbottel gebruik.
Haar haarkapper was net in die regte sentrum met die regte adres.
En hy moes alles wat duur en in die mode was vir haar koop om te pas by die prentjie, en sy trek
haar mond suur.
Sy sal hou van hoe hy nou lyk met die baard.
Hy het aanvanklik hard probeer om van hulle huwelik ‘n sukses te maak, maar niemand kan dit
alleen doen nie.
En toe het hy opgegee en soos ‘n mal man begin werk tot hy die besluit geneem het om te skei.
Sy was met tye baie buierig en dan het sy probeer om sy hele lewe te reël want sy het nooit verstaan
hoekom hy ‘n beampte wil wees nie en dit hy het dit net so lank verduur.
Sy het huise verkoop en met die kommissie wat sy so gemaak het kon hulle baie dinge bekostig wat
hy nie self met sy salaris kon koop nie.
Dis nie goed vir ‘n huwelik as die vrou meer verdien as die man nie.
Meeste vroumense verdien meer as hulle mans, veral as hulle beamptes is anders sal niemand
oorleef nie.
Sy verkoop seker nog steeds huise, geld was altyd belangrik vir haar.
Is sy weer getroud?
Seker maar.
Mans het nie almal van haar gehou nie, sy het gedink sy is beter as almal.
Veral as hy ‘n uniform gedra het.
En toe het hy uitgetrek en weer sy eie ding begin doen.
Hulle was nie lank saam nie, net ‘n paar jaar.
Jongmense dink nie meer aan huwelikke soos ons nie, hulle loop maklik.
Sy weet dis verkeerd maar sy was bly hy het, wat van hom oorgebly het nadat sy hom so liederlik
misbruik het was pateties.
Van die selfversekerde jong man wat saam met haar begin werk was daar amper niks oor nie.
Hulle moes nooit getrou het nie.
Aanvanklik was hy heeltemal uit sy diepte sonder haar maar gelukkig het hy ‘n Ma en twee susters
wat hulleself oor hom ontferm het en hy het in ‘n woonstel ingetrek en hulle het hom kom help
intrek en mooi maak.
Dit het later weer beter met hom gegaan want sy familie was daar vir hom.
Sy Pa is so ruk gelede dood en dis nie so lank terug nie.
Hartaanval of hartversaking?
Ek kan nie onthou nie maar dit was sy hart.
Wat is die verskil?
Maak dit saak, hy het dit nie gemaak nie.
As die pompie nie meer wil pomp nie dan groet jy jou mense en hulle plant jou in ‘n gat.
Ek onthou dis bespreek, ek wonder hoe gaan dit met sy Ma.
Hulle was altyd ‘n hegte familie.
Almal moes swaargekry het met die egskeiding.
Dis nie net die twee mense wat hof toe gaan nie.
Almal is betrokke.
En toe is sy Pa ook dood.
Vir ‘n ruk wonder sy hoe hy dit reggekry het om weer op te hou suip en te kon konsentreer op sy
werk.
Sy Pa het toe nog geleef, hy het hom seker gehelp.
Sy wonder waar die mooi vrou nou is en is bly hulle sien mekaar nie meer nie. Hy kon ten minste
skoon breek en heeltemal wegstaan.
Gelukkig het hulle nie kinders gehad nie anders sou hy by haar gebly het en net meer gesuip het.
Nou het hy ‘n goeie loopbaan vol moontlikhede voor hom.
En vir die soveelste keer wonder sy wat regtig gebeur het, hy het dit nooit met iemand bespreek nie.
Hulle was omtrent vir vyf of ses jaar getroud maar hy was al heeltemal ontnugter na omtrent vier
jaar.
Hy het heeltemal vertroue verloor in die instelling, sy het hom dit self een aand hoor sê na die
egskeiding.
Sy weet hy was nie toe nugter nie maar dit het vir haar baie eerlik geklink.
Hy het net daaroor gepraat as hy goed gekuier het en die geselskap vertrou het.
Maar ek gaan nie weer jammer wees vir hom nie, hy is mooi groot en sal sy eie belsuite neem.
Dis nou nie asof hy vir my gaan luister nie en volgens die stories is daar genoeg vroumense wat
hom jammer kry en in die donker wil troos.
Nou hoekom sal ek iets sê daaroor?
Hy is ‘n aantreklike man en vrouens vrek oor hom.
Hy mag seker doen wat hy wil, dis nie asof enige vroumens al ooit vir hom nee gesê het nie.
En nou is hy soveel meer as die jongman wat by die Diens aangemeld het.
Voor hy getroud is was daar baie vroumense wat kammakastig saam met my kom koffie drink het
net om oor hom uit te vra.
Meer as wat goed was vir hom.
Hy het nie voordeel daaruit getrek nie, miskien as hy het was hulle nie so vinnig getroud nie.
En nou is dit jare later en hy het net ‘n woonstel sonder ‘n tuin.
Daai klomp vroumense het my geleer om aandag te gee aan skinderstories, mense weet baie meer
as wat hulle dink.
”Ek is tevrede met jou span, almal het ingestem?” vra hy die volgende oggend en sy knik.
”Sit die bril op.” sê sy en hy glimlag, haal die bril uit die laai en sit dit op sy neus. Sy knik tevrede
en hy kyk weer na die papier in sy hand.
”Hulle verstaan waarmee ek besig is?”
”Ja, hulle verstaan.”
”Goed, ry saam met my.”
”Waarnatoe?”
”Na die Joubert perseel. Ek wil jou gaan voorstel aan die mense wat moet weet wie jy is.” sy knik en
saam klim hulle in sy gemerkte polisie bakkie en ry deur na die Joubert fabriek in Droste Park, een
van Johannesburg se Industriele gebiede.
Sy ontmoet die regte eienaar en hy is ‘n aangename man wat gewoond is aan die fyner, duurder
dinge van die lewe. Die koffie wat hulle saam met hom drink in sy kantoor moet duurder wees as
restaurant koffie en sy kyk na die duur leerbaadjie wat die man dra.
Na ‘n ruk word ‘n mooi donker kop vrou na sy kantoor ontbied en dan kyk Yster na Rochelle.
”Jy sal by die ontvangs wees terwyl ons hier is.” sy knik en kyk vriendelik na die jong vrou wat
ondersoekend na haar kyk. Sy moet omtrent in haar vroeë dertigs wees en sy is baie duur aangetrek.
”Goeie dag.” groet sy vriendelik en kyk liefies na Yster. ”Familie van Eben?” wil sy speels weet en
hy glimlag,
”Nee, ons is nie.”
”Lyk amper so.”
”Dis die idee.” sê hy en Eben Joubert glimlag.
”Ek was ook eendag so oud.” sê hy en die manier wat sy toe vir hom glimlag laat Rochelle wonder
hoekom hy en sy vrou al so lank getroud is.
Geld maak seker reg wat krom is.
”Katryn van Zyl, Majoor Rochelle Louw.” sê Yster en die twee vrouens kyk ondersoekend na
mekaar.
”Majoor Louw.” begin Eben Joubert en kyk waarderend na die mooi jong vrou. ”Katryn is my
regterhand. Sy verstaan alles van my besigheid. Sy weet wat gebeur, in die kantoor en in die
fabriek. Sonder haar sien ek nie kans vir hierdie plek nie.” die jong vrou kyk verras na die man en
glimlag gevlei. ”Ek gaan lekker vakansie hou want sy sal dinge in beheer hou. As julle nie weet wat
om te doen nie kan julle haar vra.”
”Ek doen dit graag.” sê Katryn ernstig en Eben Joubert lyk tevrede.
”Hoe beinvloed beurtkrag jou operasie?” vra Rochelle en vir ‘n oomblik trek Eben Joubert sy mond
in ‘n lyn.
”Nie te veel nie, ek het nie ‘n nagskof nie. Hier by die fabriek is dit maar die sekuriteit wat
dopgehou moet word.”
”Ek het ‘n sonpaneel gesien toe ons inkom.” sê Rochelle en Eben Joubert knik.
”Ja, dis vir die kameras aan die buitekant by die hek. Die monitor is binne in een van die kantore.
Oulike jong mannetjie wat ek gekry het om dit dop te hou, sy naam is Donovan en hy hou daarvan
as ek al die duurste speelgoed vir hom aankoop. Daar is oral alarms en veiligheids maatreëls in
plek.”
”Een paneel is genoeg daarvoor?” vra Yster vol belangstelling.
”Ja, dit is. Die man wat die installasie vir my by die huis gedoen het, het my hier ook kom help. Dis
net vir die kameras.”
”Hoeveel het jy by jou huis?” wil Rochelle weet en hy glimlag.
”Genoeg om die ding aan die gang te hou vir ‘n paar ure, maar as hulle dit gaan verleng gaan dit nie
veel help nie.” sy kyk fronsend na hom. ”Dan is al die batterye pap en ek het elektrisiteit nodig om
dit weer te laai. Veral oor nag as dit donker was vir ‘n ruk. Volgens die manne wat weet moet ek nou
weer nog iets aankoop om die probleem op te los.”
”Dan is die hele groen energie nie die antwoord nie?”
”Energie probleme is internasionaal, dit gebeur nie net hier nie. En of die oplossing groen is kan ek
nie vir jou sê nie. Die manne wat die besluite neem gaan nie my raad vra nie.”
”Ja, seker nie.” stem sy saam en hy kyk vol belangstelling na haar.
”Maar van my bure kry maak swaar as die krag af is. Generators is duur om aan die gang te hou en
dit vreet aan hulle wins.”
”By die huis?”
”Nee, die fabrieke in die omgewing. Dis ‘n groot gebied wat donker word en met die koue saam is
daar nog ander probleme ook.”
”Soos wat?” vra Yster.
”Die infrastruktuur is oud en dan kan daar kortsluitings wees, die manne van Eskom weet gelukkig
al waar om te kyk. Dit word gewoonlik vinnig herstel as dit aangemeld word. Waar bly jy?” vra hy
en kyk vir Rochelle.
”In Pretoria, dit gaan maar daar ook rof.” antwoord sy en dan glimlag hy en kyk vir Katryn.
”Sal jy haar net gaan wys wat sy moet weet by die ontvangs, asseblief.” stel Eben Joubert voor en
die twee vrouens stap saam met die trap af. By die splinternuwe skakelbord raak Rochelle se asem
effens vlak en Katryn sien dit.
”Jy kan ontspan, dis regtig nie moeilik nie, jy druk net die knop waar die lig skyn.” Rochelle
glimlag onseker en frons. ”En hier is die uitbreidings vir die verskillende afdelings.” en sy skuif ‘n
lys name en nommers na haar toe. ”Daar is net ‘n paar van ons in die kantoor, die meeste mense
werk in die fabriek en Kallie is baie streng oor oproepe wat soontoe deurgeskakel mag word. Net
tee tyd en middag ete, en hy laat geen uitsondering toe nie.” praat Katryn en Rochelle luister nie
eintlik nie.
”Waar gaan jy wees as ek hier is?” vra sy benoud en Katryn glimlag rustig.
”Net in by daai deur, jy kan net roep dan kom help ek jou.” sy kyk verlig na die deur waar sy wys en
Katryn glimlag. ”Kom ek gaan wys jou die lokaal waar die produkte uitgestal word.” sy stap saam
en gaan staan verbaas in die groot vertrek waar al die leer produkte uitgestal word. Dit kon ‘n
winkel gewees het. ”Kom kyk, die produkte is almal duursaam en pragtig.” vir ‘n ruk kyk sy na alles
wat die vrou haar wys en toe sy die baadjies sien wat die man aan het word haar oë groot toe sy die
prys sien.
Grote genade, dis meer as my kruideniersware rekening vir ‘n maand.
”Die Majoor het so een bestel.” sê Katryn en Rochelle kyk verras na haar.
”Yster?”
”Ja, Katinka het gedink dis nodig. Hy het goeie afslag gekry.” en Rochelle lig haar wenkbroue
sonder om iets te sê. ”En sy skouers is net reg om die snit af te wys.” Rochelle kyk na die agterkant
van die baadjie en knik.
”My man sal ook daarvan hou, maar miskien nie swart nie.”
”Jy is reg, die meeste mans kan nie swart dra nie. Miskien donker bruin, die grys is ook mooi.” en sy
wys na die voorbeelde wat aan die rak hang.
”Nee, net omdat hy daarvan sal hou beteken nie ons kan dit bekostig nie.” sê sy eerlik en Katryn
glimlag simpatiek.
”So baadjie sal vir jare hou, en as iets verkeerd gaan bring jy dit in en ons maak dit reg. Dit is ‘n
bekostigbare belegging.”
Is dit wat jy dit noem?
‘n Bekostigbare belegging.
”Yster het gesê dis nie in ons winkels beskikbaar nie.”
”Nee, dit is nie, maar dis te koop hier in die lokaal. Ons verbied nie Suid Afrikaners om dit te dra
nie.”
”Dis baie mooi maar hy sal maar sy ou baadjies moet dra, ons moet petrol koop.” Katryn glimlag en
knik. Saam stap hulle terug na die kantoor en sien hoe Eben Joubert vir Yster help om die baadjie
aan te trek.
”Katryn, dis hoe dit moet lyk.” sê hy trots en die jong vrou staan nader.
”O ja, presies soos dit moet lyk.” stem sy saam en wys vinnig vir hom waar al die sakke is. Hy lyk
ingenome en Rochelle hou haar dop, sy vat heeltemal te maklik aan hom en sy hou nie veel daarvan
nie.
Sy sien terloops die vrou se mooi diamant ring en wonder hoe lank sy al getroud is.
Ek moet simpel wees, hy sal sê as dit hom nie geval nie.
En sy kan mos maar vat as sy wil.
Ek is baie seker Eben Joubert doen.
”Het jy alles gesien wat jy moet?” vra Yster en kyk na Rochelle terwyl Katryn die duur baadjie in ‘n
boks verpak. Sy knik en hy steek sy hand uit na Eben Joubert. ”Dan is ons op pad. Ek kontak jou
dadelik as ons begin.”
”Ek hoop al jou planne werk.”
”Ek ook.” dan draai hy na Katryn en glimlag. ”Tot siens, dankie vir die hulp.” sy gee vir hom die
boks aan en hy glimlag.
”My plesier.” en weer glimlag sy liefies en Rochelle frons. ”Tot siens, Rochelle.”
In die bakkie kyk sy openlik nuuskierig na hom.
”Het jy jou nommer vir Katryn gegee?”
”My selfoon nommer?” vra hy en kyk fronsend na haar.
”Ja, jou selfoon nommer.”
”Nee, sy het nie gevra nie. Dink jy sy sal dit nodig kry?”
”Nou is jy net moedswillig.”
”Moedswillig?” sy knik. ”Hoekom sal ek nou moedswillig wees?” vra hy verbaas.
”Omdat Katryn jou wil hê vir aandete.” vir ‘n oomblik kyk hy verbaas na haar.
”Sy is getroud.”
”Ja, sy is, maar ek dink nie dit sal haar enigsins beinvloed nie.” hy lag sag en kyk vinnig na haar.
”Ontspan Rochelle, haar skoonpa werk ook daar. Hy is al in die fabriek vir jare.”
”Vroumense sukkel maklik met jou, nê?”
”Onthou dit volgende keer as jy weer ‘n storie hoor.” sy lag ook en kyk by die venster uit.
”Die winter is nog lank nie verby nie.” merk sy op en kyk na die vaal omgewing rondom die
fabriek.
”Meer as halfpad.” en hy lag sag en kyk spottend na haar.
”Onthou jy net om die bril op te sit.”
”Ja, ek sal onthou.” na ‘n rukkie kyk hy na haar en glimlag groot.
”Wat?”
”Hy het ‘n ruk gelede ‘n groot kontrak geteken met vakansie bote.”
”Soos die Simfonie en die Harmonie?” hy knik.
”Ja, hulle is besig om die bestelling op te maak daarvoor.”
”Hoe goed doen hy met die onderneming?”
”Beter as wat jy kan dink.”
”Baie diere wat die prys betaal vir sy besigheid.” hy kyk fronsend na haar.
”Gaan jy nou groen op my draai?”
”Nee, ek gaan nie. Ek sê net.”
”As hy dit nie gaan gebruik nie gaan iemand anders.” en nou bly sy stil en kyk na die vaal winter
veld langs die pad.
”Wanneer kan julle ontplooi?” wil hy die volgende oggend weet toe hulle saam koffie drink by sy
lessenaar. Hy het die leerbaadjie aan en sy moet saamstem, sy reguit skouers is presies wat die
baadjie nodig het. Hy het ook die bril op en sy glimlag tevrede.
”Wanneer ons moet, jy sê my net. Alles is gereël, ek kontak hulle en jy het ‘n volledige span.”
antwoord Rochelle en is gelukkig omdat hy nog die ou operators onthou.
”Die vrag het geland en skeepsvrag bewyse word nou uitgestuur, sodra die proses aan die gang is sal
Doeane die nodige dokumente uitreik om die houers af te laai.”
”Weet die Jeppe Stasie al?”
”Koen het hulle laat weet.”
”Hy doen darem iets?” en weer lyk sy suur.
”Julle hou nog steeds nie van mekaar nie?” vra hy en sy kyk vies vir hom.
”Ek hoef nie van hom te hou nie.” hy knik en lag sag.
”Wat het hy gedoen wat jou so ongelukkig maak?”
”Ek en Breggie was goeie vriendinne toe hulle nog hier gebly het, ons praat nog so nou en dan met
mekaar. Sy het my self vertel hulle is geskei.”
”En?”
”Hy is ‘n siek bliksem wat hulp nodig het. Ek is bly sy het haar goed gevat en geloop, sy moes dit
net gedoen het voor hy Kaap toe verplaas is. Al haar mense is hier.” hy kyk verras na haar. ”As dit
ek was het ek lankal geloop, ek sou nie al sy kak vir so lank opgevreet het nie. Sy het net by hom
gebly vir die kinders.”
”Hoekom is hy ‘n siek bliksem wat hulp nodig het?” vra hy en kyk verbaas na haar.
”Sy het vir my goed vertel wat jy nie sal glo nie. Sy het ook eintlik hulp nodig as jy my vra, maar sy
wil dit nie bespreek nie.” toe hy vraend na haar kyk waai sy met haar hand.
”Hy het goed van haar verwag wat nie gesond is nie.” en vir ‘n oomblik huiwer sy.
”Sy het mooi gevra dat ek dit nie met iemand sal bespreek nie.” hy knik. ”Is daar al ‘n ondersoek
span by Jeppe?” vra sy om die onderwerp te verander en hy aanvaar dit so toe hy sy kop skud.
”Nee, ek wag nog om te sien wie aangestel sal word, Bertie moet die span voorlê by Koen.”
”Die plan is dat hulle die houers bymekaar sal maak by die verskillende persele?”
”Ja, so gou as moontlik. Die kleinhandelaars se goedere wat bestel is, word uitgepak en die houers
word na die pakhuis vervoer waar die wapens uitgehaal word, die manne verloor nie tyd by hulle
fabrieke nie en die goed staan nie oral rond nie. Hulle is nie betrokke nie, ek wil dit so gou as
moontlik uitgepak hê voor te veel mense weet wat gebeur.” hy stoot ‘n papier na haar toe.
”Wat is dit?”
”Die lys van verdagtes wat moontlik kan saamwerk, maak seker jou span weet waar hierdie mense
is. Ten alle tye. Ek wil weet wat hulle doen.” sy lees vlugtig deur die lys en kyk verbaas na hom.
”Jy het jou huiswerk mooi gedoen.” hy glimlag.
”Ek hou daarvan om voorbereid te wees.” en dis hoe hy dit doen, al sy operasies word goed
ondersoek en beplan, dis hoekom hy dinge suksesvol kan deursien, net soos sy reaksie eenheid. Hy
is ‘n man met ‘n plan, altyd. ”Die lys moet op datum gehou word soos die ondersoek vorder, ons
vergeet niemand wat betrokke is nie.” sy knik en lees weer die lys.
”Ek hoop nie jy is reg oor almal nie.” hy lig sy skouers. ”Hier is mense wat ek ken.”
”Ek ook.” erken hy en sy kyk ondersoekend na hom. ”Ons werk volgens voorskrif en doen dit vinnig
en skoon.”
”Goed, ek moet ry, laat my weet wat gebeur, my span wag om te hoor. Almal wil graag weer saam
met jou werk.” hy glimlag en kyk in haar oë.
”Wie is saam met jou in bevel?”
”Adriaan Schoeman, hy is baie nader as ek. Ek is daar deur die dag dan vat hy die aand.” hy knik
tevrede.
”Dankie, Rochelle, ek bly in kontak.” sy stap na haar motor en sug diep.
Wat doen die mense, wat doen hulle?
Van hulle is al so lank in die Diens, hulle gaan hulle pensioene verloor.
En mense verstaan nie wat advokate kos nie, regshulp is duur.
En as Yster van Jaarsveld betrokke is gaan niks oorgesien word nie.
Daar is ‘n goeie rede hoekom hy sulke opdragte kry, sy emosies kry nooit die oorhand nie.
Hy gaan doen wat reg is, maak nie saak wie betrokke is nie.
Hy kry niemand jammer nie, hy sal verstaan maar niks toegee nie.
Is dit wat Amanda gevang het?
Was hy ongevoelig oor haar gevoelens?
Maar sy was darem seker bewus daarvan voor hulle getroud is.
Hy het dit nog nooit weggesteek nie

Yster – Boek 1 Hoofstuk 1

Majoor Rochelle Louw kyk na die toe deur voor haar en sy trek weer diep aan die stompie tussen haar vingers voor sy dit dood druk en vinnig die as wegtrap. Sy bêre die res van die sigaret terug in die boksie wat sy vinnig in haar sak druk.
Sy werk vir die Staat hier in Pretoria en sy mag nie binne rook nie. Daar is mense wat ‘n ding
daarvan sal maak as hulle haar nou sien.
Altyd mense wat oor alles gal braak, altyd.
Eintlik moet ek ophou rook, niemand doen dit meer nie.
En ek sal geld spaar.
Kom ons kyk wie wil met my praat.
Miskien is dit nie so erg nie.
Daar was vanoggend vroeg ‘n amptelike versoek op haar rekenaar om nege uur na hierdie kantoor te kom en niemand het ‘n idee waaroor dit gaan nie. Sy hou nie van sulke versoeke nie, daar was geen naam by nie en geen inligting nie. Sy moet nou sommer net blind hier instap sonder om te weet wat aangaan.