Skip to content

Yster Boek 2 Opleiding – Hoofstuk 46

”Yes, hier is julle.” groet Yster die groep wat ingestap kom. ”Kon jy uitvind wat jy wou weet,
Beyers?” vra hy nuuskierig en kyk na hom.
”Yes, there is a lot of poison kak on the streets, more than you can imagine, but that doctor oke got a few things wrong.”
”Like what?” vra hy verbaas.
”Like they do nyaope for religious reasons. Like they want to see their forefathers?” en Yster
glimlag.
”Jy stem nie saam nie?” en Neil skud sy kop beslis.
”No, I don’t. Can you imagine I go on a trip and find my great grandmother somewhere waiting for me.” en hy skud sy kop. ”Not a good idea.”
”Jy wil haar nie weer sien nie?” vra Yster met ‘n fyn glimlaggie.
”No, no. That old lady never liked me.” en Neil skud sy kop beslis. ”She always thought I was just a no good skollie.”
”Maar jy kan haar nou jou uniform wys.” stel hy voor.
”That’s not going to help me much, she will disapprove.”
”Omdat jy uniform dra?”
”Yes, she will not be pleased.”
”Because why?” vra Yster ernstig en van die manne glimlag ongemerk.
”Because her second husband died in jail and she would never believe that the boere got the right oke. Until her death she was still blaming them for her loss.”
”Was hy die man wat hulle gesoek het?” en hy knik.
”My father believed he was.” en Yster glimlag.
”Dan is my enigste raad om nie die kak te rook nie.” en hy knik plegtig.
”I do agree, and I told you okes they mix Rattax in there.” en van die manne knik saam.
”Yes, Khumalo?” vra Yster en kyk direk na Alex wat sy hand lig.
”With your permission?” vra hy en Yster knik, dan draai hy na Neil. ”Last warning, I’m going to
moer you Beyers.” waarsku hy baie ernstig en kyk na Neil wat verras frons.
”Because why?” vra hy verbaas.
”You are disrespectful.” en hy kyk stip na hom. ”I feel just like him, it is my heritage and you guys do not understand.” sê hy en kyk weer ernstig na Yster. ”We have our own culture and our own religion. I am not going to say it again, hou jou bek. Oraait?” waarsku hy baie ernstig en vir ‘n oomblik is Neil ongemaklik.
”Alright, alright. You’re right, most of us don’t understand.”
”Then you keep quiet and don’t make jokes, just respect my heritage and my traditions.” en Yster knik.
”Then there is not much else to say but that there are always people who are willing to abuse poor people who do not have enough money to eat but sell them al that kak to be powerful and rich.
”And I also think it is a shame that ARV medicine is used in this way.
”Sick people are too scared to collect it from the clinics for they become targets.”
”Or they sell it to them.” praat Neil saam en Alex knik.
”Even worse.” stem hy saam en dan tree Yster weer vorentoe.
”Kolonel Buys gaan vir ons wys wat se wapens al op die strate gevind is.” sê Yster en Leon kom staan by hom met ‘n groot boks wat hy voor hom neersit.
”Staan nader dat almal kan sien.” nooi Leon en dan word die boks stelselmatig uitgepak om die span te wys wat hulle kan verwag.
”Hierdie manne gebruik allerhande tuisgemaakte wapens wat net so dodelik kan wees soos die duurste wapen wat jy wettig of onwettig kan aanskaf.” begin Leon en hy verduidelik kortliks hoe die selfgeprakseerde toestelle werk wat rondgestuur word tussen die lede.
”En onthou, pasop vir skerp voorwerpe.” en hy haal ‘n paar voorbeelde uit van messe met lang
geroeste lemme in kru plastiek kolwe wat net met swart elektriese band styf vasgedraai is.
”Iemand wat homself met so iets bewapen kan dodelik akkuraat en vinnig wees en sy enigste doel is om dood te maak.
”As jy met so ding raak gesteek word kan dit noodlottig wees.
”Hierdie soort geroeste lemme sal bloedvergiftiging veroorsaak wat maande sal vat om gesond te word.” en hy wys weer vir hulle die tuisgemaakte wapen.
”Kyk wat jy doen en wees versigtig, dis nie nodig om handgemeen te raak met sulke manne nie.
”Daar is ander maniere om insidente te beheer.” en hy pak weer alles terug in die boks.
”Vrae?” en Leon kyk vir die groep.
”Where did you find those?” vra Neil en kyk ernstig na Leon.
”By die Hillbrow Stasie. Dit moet terug besorg word.”
”Fok my bru, and sometimes they are smoked. I’ve seen them like that, they have these black eyes that don’t see anything, they just go.” merk Neil op en Yster knik en staan weer vorentoe.
”Have you seen the Zulu long spear?” vra Khumalo opgewonde en Leon knik.
”Yo-o-o, they take it from here.” en sy hand is agter hom, laag langs sy sy.
”And then they take it like this.” en met ‘n vinnige beweging wys hy hoe gegooi word.
”One time, just one time and they can kill a man with one throw.” en Leon knik weer.
”Ek het al fotos gesien.” en Alex knik.
”Even with a knopkierie, they don’t need that shit.” en hy wys na die boks.
”They just need enough force. Then it is easy to kill.” en Yster knik ook.
Vir ‘n ruk is dit baie stil.
”Die idee is nie om jou bang te maak nie, die idee is om jou in te lig. En ons gaan met sulke goed te doen kry, veral in die donker.” en hy kyk ernstig na die groep.
”Zulu long spears?” vra Aryna met bekommerde oë en Alex kyk dadelik verskonend na haar.
”No, don’t look so worried. Maybe in Durban, not here.” probeer hy haar dadelik kalmeer.
”I’m sorry, Aryna, I didn’t want to scare you.”
”Dit kan hier gebeur.” praat Yster eerlik met haar.
”Daar is Zulu gebiede hier.” en sy frons nog.
”Die belangrikste punt wat almal moet onhou, jy is deel van ‘n span.
”Jy doen niks alleen nie want dit kan almal in gevaar stel.
”Veral as hulle gerook is.” en die manne knik stil saam.
”En net so belangrik, die bevelvoerder is die enigste een wat besluit wat gebeur.
”Hy bly die verantwoordelike persoon wat die call maak.
”Ons is nie cowboys wat alleen operate nie.
”Veral nie in die donker nie.” en weer knik almal saam.
”Goed, kom ons begin.” sê Yster toe Leon die boks op die grond neersit en wegstoot met sy voet.
Hy stoot ‘n paar houers met koeëls voor hom uit.
”Dis al wat ek gekry het. So ons gaan nie mors nie.
”Ons het ook nie veel tyd nie.
”Dis Vrydagmiddag en dan is die verkeer kakker as gewoonlik.
”Jy kan jou magasyn miskien twee keer volmaak, dan is al die ammo op.”
”Waarna soek jy?” vra Willem.
”Ek wil sien wat julle kan doen.”
”En die ou wat wen?” vra Christo.
”Ons sal sien.” en Yster glimlag.
”Miskien gee ek vir hom die naweek af.” en van die manne glimlag weer.
”Kom ons begin.”
”Almal se wapens veilig?” vra Yster ernstig nadat dit weer stil geword het en die manne knik almal.
”Kaptein Storm.” roep Yster na Aryna en sy kyk na hom.
Hy wys na die ingang waar almal ingekom het.
”Daar staan ‘n boks.” sy kyk deur toe en sien waarvan hy praat.
”Gaan haal dit asseblief.” en sy kyk fronsend na hom.
”En dan hou jy dit by jou.” sy knik en gaan haal die boks.
”Ons kyk gou wie het die beste scores.” en almal kyk na Leon wat aankom met die gemerkte
teikens.
”Wat is daar in?” vra Henk en kyk nuuskierig na Aryna wat haar skouers lig.
”Kyk, man!” moedig hy haar aan.
”Dis toegeplak.”
”Gee dan ‘n skud.” en sy skud die boks.
”Wat’s ‘it?” vra hy weer.
”Ek weet nie, Henk. Dis toegeplak.”
”Dink jy dis leeg?” en sy skud weer.
”Hoekom sal hy ‘n leë boks saambring?” vra sy en kyk vies vir hom.
”Jy kon beter gedoen het met die skietery.” beskuldig hy haar dan.
”Hoekom konsentreer jy nie?”
”Ek het gekonsentreer.”
”Nee, jy het nie. Jy het heeltemal uitgeval op beweging.”
”Dit gebeur altyd.” verdedig sy haarself lammerig.
”Nie so sleg soos vandag nie.” en hy kyk kwaai vir haar.
”Volgende keer is dit weer beter.”
”Jy weet daar gaan nie ‘n volgende keer wees nie. Dis ‘n wonderwerk dat hy ammo gekry het vir vandag.”
”Nou gaan jy weer dink hy is Superman?” vra sy en kyk spottend vir hom.
”Ek dink darem.” en sy grinnik deur haar neus.
”Ook net omdat dit ‘n teken van lewe is. Niks om oor opgewonde te raak nie.” hy kyk verbaas na haar en sy maak haar oë groot.
”Gedra jouself, dis nie ‘n sirkus nie.” en dan lag hulle saam.
”Goed, staan nader.” begin Yster weer praat.
”Die naaswenner is Frik Odendaal en die wenner is Henk Greyling.” kondig hy aan en sit die
papiere op die tafel neer.
”En Storm?” vra Henk en Yster frons.
”Nie so goed nie, sy het heeltemal uitgeval op beweging.” en Henk kyk beskuldigend na haar.
”Hoekom?” vra Lood verras.
”Jy is een van die bestes, ek het gedink jy sal wen.”
”Omdat sy nie konsentreer nie.” antwoord Henk namens haar.
”Sal jy die boks gou bring?” vra Yster en kyk na haar.
Sy bring die boks vinnig nader en sit dit by hom op die tafel neer.
”Nie so vinnig nie.” keer hy haar toe sy wil wegstap.
Sy gaan staan en kyk ondersoekend na hom.
”In daai boks is die Johanneburg wisseltrofee vir teiken skiet.” sê hy en kyk na die boks wat sy
neergesit het.
Sy kyk ook en frons.
”Sal jy dit asseblief vir Greyling gee.” en sy frons weer.
Dan vat sy die boks en begin na hom toe stap.
”Nee, Kaptein! Haal dit uit die boks en gaan gee vir hom.” sy trek haar oë en kyk agterdogtig na hom.
”Hoekom?” vra sy.
”Asseblief.” en dan knik sy en begin die boks oopmaak.
Toe sy dit oop het kyk sy ongelowig na Yster.
Dan glimlag sy groot en haal die pers dinosaur uit die boks.
”Ontmoet die nuwe Johannesburg wisseltrofee.” kondig Yster aan en dadelik stap Henk nader en vat die speelding uit haar hand.
”Dit is ‘n goeie fokken idee.” en hy lig die speelding met altwee sy hande hoog in die lug op soos ‘n bokser wat ‘n wêreld toekenning ontvang het.
Die manne lag saam en klap vir hom hande.
”Is dit nou myne?” vra Henk en kyk vir Yster.
”Nee, dit gaan in my kantoor bly.”
”Hoe lank is dit myne?” en dan lig Aryna haar hand.
”Kaptein Storm?” vra Yster en kyk na haar.
”Dis my Ma s’n.”
”Kom ek maak ‘n deal met jou.” en sy kyk weer dadelik agterdogtig na hom.
”Sodra jy wen is dit joune.” en sy kyk verbaas na hom.
”Ek gaan jou span maak?”
”Al maak jy nie die span nie, ek sal seker maak jy skiet saam wanneer ek die volgende sessie kan reël.” vir ‘n rukkie kyk sy nadenkend na hom.
”Wat sê ek vir my Ma?”
”Dat hy sy plig doen vir volk en vaderland.” stel Henk voor maar sy skud haar kop.
”Komaan, Storm! Sy sal verstaan as jy net mooi verduidelik.” weer skud sy haar kop.
”Jy gaan tog nie my kans om die eertse ontvanger van die Joburg Ysterbrigade wisseltrofee
verongeluk nie.” en dan lag sy saggies toe Yster ook vir Henk glimlag.
”Ag oukey, ek sal probeer.” en die manne fluit en klap hande. ”Probeer, ek het nie gesê dis gedoen nie. Ek sal probeer.” herhaal sy.
”Ek is seker Kolonel Buys sal vir haar ‘n amptelike brief kan stuur om te vra vir haar samewerking.”
stel Yster voor en sy maak haar oë groot.
”Dit sal nie nodig wees nie, ek sal met haar praat.” keer sy dadelik en kyk ernstig na Leon.
”Dis nie nodig nie.” en Leon glimlag en knik.
Dan kyk Yster op sy horlosie.
”Julle moet ry, parkeer die motors by die Stasie en gaan huis toe. Ons gaan volgende week aan.” en die manne begin almal deur toe beweeg.
Almal gaan staan toe Yster hard fluit.
”Net ‘n oomblik, hier is ‘n vraag.” en hy wys na Willem wat sy hand opgesteek het.
”Waar kry ons jou Maandagoggend?”
”By Jeppe.”
”Wat bring ons saam vir training?”
”Jy kan vir jou ‘n vars hemp bring vir na die tyd, maar ons train in vol uniform.” en Willem frons.
”Met ons vests?” en Yster knik.
”Ons gaan na verskillende scenarios kyk en hoe om dit te hanteer.
”Dis heeltemal hands on. Jy gaan nie om ‘n baan draf nie.” verduidelik Yster en Willem knik.
”Even with our guns?” vra Neil.
”Yes Beyers, even with your gun and your boots.
”Ons oefen soos ons werk anders help dit niks nie.”
”Then we do it like that.” stem Neil saam en ewe tevrede begin almal weer aanstap deur toe.
”Kaptein Storm.” roep Yster weer na haar.
”Kan ons praat?” vra hy toe sy na hom kyk. Sy kom nader en kyk weer agterdogtig na hom.
”Waaroor?”
”Ek weet wat jy verkeerd doen met beweging.” en sy kyk verbaas na hom.
”Bly vir ‘n ruk en ek wys jou hoe om dit reg te maak.”
”Hoekom?” vra sy en frons.
”Wat bedoel jy hoekom?” vra hy en frons ook.
”Gaan jy dit invryf?”
”Wat?”
”Dat ek jou hiernatoe gebring het vir wapen opleiding en veiligheid.” hy glimlag en skud sy kop.
”Nee, ek gaan nie.
”Jy het nie geweet wie ek is nie, ek sou dit ook gedoen het.” en sy kyk fronsend na hom.
”Ek het aangedring om by jou span in te skakel en jy het nie geweet of ek kan skiet nie.
”Ek neem jou nie kwalik nie want jy het gedink.”
”Regtig nie?”
”Nee Storm, ek doen nie.” en vir ‘n oomblik kyk sy in sy oë.
”Ons het net nou al die rondtes gebruik, waar gaan jy nog kry?” en hy haal ‘n paar uit sy sak.
”Jy het dit beplan?” vra sy met groot oë en hy glimlag effens.
”Ek het verlede jaar al na jou scores gekyk en gesien jy doen iets verkeerd.” en sy kyk vraend na hom.
”Ek is seker ek kan jou help.” en sy kyk lank na hom.
Dan haal sy haar wapen uit die holster en sit dit op die tafel voor hom neer.
”My magasyn is leeg.” geduldig maak hy weer die magasyn vol en gee vir haar die wapen terug.
”Wat doen ek verkeerd?” vra sy toe sy na die wapen in haar hand kyk.
”Ek kan jou vinnig wys.” en hy kyk hoe sy die wapen terug druk in die holster teen haar been.
”Wanneer?”
”Nou, ek weet nie wanneer ons weer gaan kans kry nie.” dan kyk sy na Henk en Willem wat vir haar wag.
”Hulle kan vir Leon terug vat Stasie toe dan ry jy saam met my as ons klaar is.”
”Dit sal werk.” stem Henk dadelik in.
”Kom Leon, ons wil ry!” roep hy na Leon wat verras nader kom.
”Maar …” probeer sy keer.
”Niemand kon jou nog help nie, gee hom ‘n kans.” stel Henk ernstig voor toe Leon aangestap kom.
”Wat gebeur?” wil die ouer man weet en kyk vir Henk.
”Yster gaan haar help met beweging.” antwoord hy en Leon kyk verbaas na Yster.
”Wanneer?” vra hy en kyk na Aryna.
”Hy wil dit nou doen.” antwoord sy.
”Het jy genoeg ammo?” vra hy en kyk vir Yster wat knik.
”Ons moet daai boks wapens terug vat Hillbrow toe voor vanaand. Stanley moet dit in boek.” en hy kyk ernstig na Willem.
”Ons sal.” en Leon draai om en gaan haal dadelik die boks wat nog op die grond staan.
”Right, then let’s go, let’s go.” kondig Henk vrolik aan.
”Voor elke liewe lorrie in die land op die highway is.” en al drie stap saam by die ingang uit en die twee pers voete van die dinosaur steek onder Henk se arm uit.
”Ontspan Stormpie, ek wil jou net help.” praat Yster rustig met haar toe dit lyk of sy benoud is.
”Hoekom?” vra sy sag.
”Omdat dit jou lewe kan red.” sy sug effens en knik dan.
”Ek sukkel nog altyd daarmee.”
”Kom ons gaan kyk.”
Dit vat nie lank nie toe kyk sy met groot blink oë na hom en hy onthou hoe Julian West gelyk het nadat sy die Duitse motor gewen het met die sirkels in die water.
En daar voel ek nou ook soos ‘n fokken Superman.
Wat doen jy met my?
”Jy is die eerste een wat verstaan wat ek verkeerd doen.” praat sy opgewonde met hom toe hulle saam na die teikens kyk.
”Baie dankie, miskien kan ek nou vir Henk Greyling wen.” en hy glimlag.
”Wil jy?” en sy knik.
”Ja natuurlik. Hy dink altyd hy is die kat se snor.” en hy lag vir haar.
”Ek dog jy hou van katte.” en sy frons.
”Henk is nou nie Stoffel nie.” en sy kyk verbaas na hom.
”Het jy al vir Stoffel gesien? Hy is groot en grys en vinnig.”
”Ek het eenkeer, met ‘n muis in sy bek terwyl die vroumense raas en skree in die gang.”
”O ja, ek kan onthou, hulle het gesê jy was daar met al die dramas in die groot kantoor.” en hy knik.
”Hy het per ongeluk een van hulle potplante omgegooi en toe is daar moeilikheid vir weke.
”Dit was heeltemal onnodig.
”Hy het nie geweet hulle papiere sal vuil word nie.” begin sy verduidelik.
”En hulle simpel papiere was toe al lankal heeltemal droog toe maak hulle nog oorlog.
”Gelukkig kon hulle nie van daai skerp voorwerpe van Hillbrow in die hande kry nie anders het hulle hom beslis daai dag geslag.” en hy luister geduldig.
”Bloeddorstige klomp saam in daai kantoor, mens moet versigtig wees vir hulle.”
”Jy’s reg, hy is beslis nie Stoffel nie.” praat hy toe sy klaar is.
”Genoeg vir nog een keer, maar dan moet ons klaar maak.” en sy knik ingenome en vat die koeëls wat hy in sy hand na haar toe uithou.
”Ek sal.” sê hy en weer gee sy haar wapen vir hom aan.
Hy maak weer die magasyn vol en sy gaan staan weer reg vir die volgende rondte. Hy kan sien sy is nou vol vertroue en hy kyk tevrede toe sy begin.

Terwyl hy haar dophou onthou hy weer die tuisgemaakte wapens in die boks en hy sluk swaar.
Jammer Stormpie.
Jy gaan so waar as wragtig nie span maak nie.
Enige ding kan gebeur en jy moet opgepas word.
Tilla wag vir ‘n kleindogter wat saam met haar sal droom.

Published inBoek 2 HoofstukkeYster-Boek 2