Skip to content

Yster Boek 2 Opleidng – Hoofstuk 49

Dag 3
”Kaptein Storm, jy is eerste.” roep Yster na Aryna en sy kom nader.
”Is jy reg?” en sy skud haar kop. Hy voel haar hande stewig aan hom vashou.
”Los my.” en sy kyk ernstig is sy oë en skud weer haar kop.
”Jy sal my moet los.” en dan sien hy hoe sy bang word.
”Beheer jou emosies.” en sy sluk hard.
”Reg?” en sy knik, dan stamp hy haar af. Hy staan nader en sien sy bly lê.
”Skuif! Jy gaan seer kry!” roep hy na haar, dan staan sy op en Neil staan nader.
”Is jy reg?” en hy skud ook sy kop.
”Wat’s jou probleem?”
”These fucking pants are too small.” en hy lag effens.
”Vertel jou vrou vanaand daarvan.” en hy stamp hom ook af.
”Volgende!”
Wanneer hy later ook self afspring tot op die groot kussing gaan kyk hy hoe dit met almal gaan.
”Drink water, ons is nog nie klaar nie.” en die manne mor onderlangs.
”Kaptein Storm, waar is jy?”
”Hier.” en hy sien haar op die gras lê.
”Drink jy genoeg water?”
”Ja.”
”Ons begin weer.” en die manne staan almal op.
”Kaptein Storm, jy is eerste.”
”Moet my nie weer stamp nie.” sê sy en hy kyk in haar oë.
”Hoe gaan ons dit dan doen?”
”Ek sal spring.”
”Wys my.” sy tree vorentoe en spring. Hy gaan kyk en weer bly sy lê.
”Skuif, Storm! Jy gaan seer kry!” sy staan op en stap weg.
”Beyers, is jy volgende?”
Wanneer die manne nader staan vir middagete sien hy weer nie vir Aryna nie.
”Waar is Storm?” en hy kyk na Willem.
”Seker in die badkamer.” antwoord hy.
”Drink sy water?”
”Ek weet nie.”
”Fokit Yster, is dit nog nie genoeg nie?” vra Frik uitasem en hy is rooi in sy gesig.
”Nee, dit is nie.
”Een van my manne in Durban is so by ‘n venster uitgegooi en niemand kon hom help nie.
”Jy moet weet wat om te doen as dit met jou gebeur.”
”Was hy oraait na die tyd?” en Yster skud sy kop.
”Hy het sy been gebreek met die slag onder op die pad.”
”Fok, hoe lank was hy uit?”
”Paar maande.”
”Wat doen jy dan, jy het net tien manne per span?”
”Dan staan ek self in.”
”Was jy daar?” en hy skud sy kop.
”Nee, ek was nie. Maar ongelukke gebeur vinnig.” en Frik knik.
”Kom ons gaan eet.” en die manne stap saam in die eetlokaal in.
Hy kyk rond en Aryna is nog steeds nie daar nie.
Op pad na die dames se badkamer kom sy aangestap met ‘n bottel water in haar hand.
”Hier is ek.”
”Is jy reg?” en sy knik. ”Jy moet gaan eet.”
”Ek is op pad, Majoor.” en sy stap by hom verby.
Wat de fok gaan ek met jou doen?
Gaan jy nou net nie opgee nie?
Ek wil jou nie verder oplei nie.
In die eetsaal sien hy hoe sy saam met Henk sit en eet.
”Is jy oraait?” vra Henk en kyk ondersoekend na haar.
”Ek moet die vest vir ‘n ruk uit trek.” erken sy eerlik en hy kyk dadelik begaan na haar.
”Hoekom?”
”Dit skuur hier onder my arm.” en sy wys hom, hy staan op en help haar dadelik uit trek.
”Nee, Greyling!” praat Yster hard met hom waar hy saam met Lourens en sy span sit en eet.
”Sy hou daai ding aan.”
”Maar Majoor …”
”Dit maak nie saak nie, sy trek dit nie uit nie.”
”Net vir ‘n rukkie.” stel hy voor.
”Nee, dit kan haar lewe red.”
”Los dit, hy is reg.” sê sy en vat aan Henk se arm.
”Maar dit maak jou seer.” sê hy en kyk fronsend na haar toe sy haar kop skud.
”Moenie moeilikheid soek met hom nie, maak net weer vas.” hy frons toe hy haar weer help.
”Hy is verantwoordelik hiervoor ook.”
”Ek dra die ding al vir jare.”
”Dis nog altyd te groot vir jou.”
”Dit maak nie saak nie.”
”Kaptein Storm, jy is eerste.” roep Yster en Henk tree nader.
”Waar is Storm?”
”Nog onder.”
”Hoekom is sy nog onder?”
”Gee haar net ‘n kans sy is netnou hier.”
”Julle kan haar nie die heel tyd help nie.” spreek Yster die manne streng aan wat nog buite is toe hulle klaar is vir die dag. Hulle kyk na hom sonder om te reageer. ”Visser?”
”Ons kan Majoor, jy het self gesê ons gaan nie elke dag onder sulke omstandighede werk nie, sy trek net swaar want sy is kleiner as ons.”
”Vermaak?”
”Ek skuld haar Majoor.” hy kyk vraend na die man.
”Sy het jou genoeg vertrou om vir hulp te gaan vra toe Cindy in gevaar was. Ek gaan haar help, elke keer.”
”Sy is te klein.”
”Dis nie haar skuld dat sy hier is nie, hulle het vir haar gesê om aansoek te doen en jy het dit
goedgekeur.” verskil hy van hom.
”Sy is fisies nie sterk genoeg nie.”
”Dis hoekom ons haar help.”
”Sy sal die hele span terug hou.”
”Nee, sy sal nie, sy is net nou moeg en warm. Sy is ‘n goeie operator.”
”Kry vir haar ‘n kleiner vest, die een wat sy nou dra is nog altyd te groot en nou skaaf dit haar seer.” stel Henk voor en Yster kyk fronsend na hom.
”Dis hoekom sy dit wou uittrek.” hy knik en stap na sy bakkie en weier om te onthou hoe moeg sy was.
Yster staan by die parkeerarea rond toe die patrolliemotors later saam inkom by die Stasie.
Dit was die derde dag en hy het hard gedruk.
Van die groter manne het ook swaar gekry en hy wil net seker maak daar is nie beserings waarvan hy nie weet nie.
Sy kyk agterdogtig na hom en klim dan stadig uit.
”Ek wag vir jou.” sê hy en stap direk na haar toe.
”Hoekom?” vra sy en kyk fronsend na hom.
”Kom saam met my.” hy begin aan stap maar sy bly staan.
”Vir wat? Ek wil huis toe gaan.” en hy draai om na haar te kyk.
”Maak daai vest jou seer?” vra hy direk en sy kyk na hom en frons verbaas.
”Dit maak nie saak nie, ek sal dit oorleef, ek dra die een al vir jare.”
”Daar is twee wat kleiner is in my kantoor, kom kyk watter een jou pas.” sy huiwer vir ‘n oomblik.
”Hulle is nie so swaar soos daardie nie, kom kyk.” en dan stap sy agter hom aan.
In sy kantoor maak hy een van die gemerkte bokse oop en haal twee nuwe koeëlvaste baadjies uit.
Hy kyk na die groote en gee vir haar een aan.
”Trek daai een uit.” hy staan nader en help haar om die een wat sy aan het los te maak.
”Hoekom het jy nie net gepraat nie?”
”Henk wou jou sê maar jy wou nie luister nie.” en hy frons ongelukkig.
”Hoekom het jy nie met Leon gepraat as dit te groot is nie?”
”Omdat ek nie gewoonlik rond spring as ek hom aan het nie.” hy sit die een wat sy aangehad het op sy lessenaar neer en help haar om ‘n nuwe een aan te trek.
”Probeer die ander een ook, hierdie een is ook te groot.” hy maak self die verstelling en kyk dan tevrede na haar.
”Voel dit beter?” en sy knik.
”Dankie.” en hy kyk in haar oë.
”Ek wil jou nie hier hê nie.”
”Ek weet, jy hou aan om so te sê.” dan sy stap weg sonder om weer na hom te kyk.
Goeie fok, ek wou ook nie luister toe jy in die moeilikheid was met Taite nie.
Ek sal moet leer om na jou te luister.
Hy stap weer na buite en gaan maak seker daar is niemand wat enige beserings het nie.
”As almal dit gaan oorleef kan julle huis toe gaan.” hy staan en kyk hoe almal na hulle eie vervoer stap en die Stasie verlaat.
Daardie aand net na tien stuur hy ‘n noodsein uit na al die kanidate. Na meer as ‘n uur staan die span voor hom.
”Ek het gesê veertig minute, dis nou al meer as sestig en niemand het nog ‘n wapen nie.
”Moet ek dit alleen doen?” en niemand antwoord nie.
”Ek gaan dit later weer doen. Gaan huis toe en wag vir my.” en die groep kyk fronsend na hom.
”Jy het net veertig minute!
”Dis ‘n noodsein!
”Daar is mense in gevaar, ons is veronderstel om hulle te gaan help.
”Ons kan net een ding op ‘n slag doen, net een.
”Kies die regte een.” stil stap almal weer na hulle eie motors en verlaat die Stasie.


Dag 4
Vier uur die oggend stuur hy weer ‘n noodsein uit en die manne is weer almal laat en hy kyk
ondersoekend na hulle.
”Ek is jammer vir niemand nie.
”Dis hoe dit gaan werk.
”Dis waarvoor jy aansoek gedoen het.
”Maak seker dis wat jy wil doen.” en hy kyk weer ondersoekend na almal.
”Wanneer daar ‘n noodsein deurkom, is daar net een ding wat belangrik is, die een ding wat ek van jou verwag is om lewend hier aan te meld.
”Ek gaan nou vir jou ‘n aanvalswapen uitreik sonder ‘n magasyn.
”Daarna vertrek ons na die College om te begin met die dag.
”As jy iemand het wat vir jou wag maak seker hulle verstaan ons gaan aan met die dag, jy gaan eers weer vanaand huis toe.
”Ons gaan die hele dag met die aanvalswapen oefen.
”Kom ons hou mekaar in die oog sodat jy vanaand met altwee joune kan huis toe gaan.” en hy stap om vir die wapens te gaan teken.
Hulle is betyds by die College om die son te sien opkom.
”Die enigste inligting wat ons volgens die noodsein ontvang het is die adres en dat twee manne met mekaar handgemeen geraak het in die straat.
”Daar is later skote gehoor en nou is ons hier en dis al wat ons weet.” begin Yster die nuwe dag toe die groep om hom staan.
”Vir die volgende paar ure gaan ek seker maak jy verstaan wat ek van jou verwag as ons so
noodsein beantwoord met absolute minimale inligting.”
”Ons doen net een ding op ‘n slag.” en die groep knik.
”Kaptein Storm, jy is eerste.”
En vir die volgende paar ure word daar verduidelik, geraas en geskree en gevloek en weer
verduidelik.
Hulle beweeg as groep saam in die gebou in en dan ontruim hulle ook saam die gebou.
Weer en weer verduidelik Yster vir hulle presies wat hy van hulle verwag.
Weer en weer oefen hulle wat hy verduidelik tot dit presies is wat hy van hulle verwag.
”Ons breek vir ontbyt.” kondig hy aan en die hele span kyk verlig na hom.
Terwyl die manne eet is dit stil.
”Almal klaar?” vra hy na ‘n ruk en niemand antwoord nie.
”Kry julle buite, ons moet aan gaan.”
”Minnaar!”
”Wat?”
”Storm moet vir ‘n ruk rus.”
”Ons moet almal vir ‘n ruk rus.”
”Nee, man. Sy moet nou dadelik ophou en net vir ‘n ruk rus.”
”Wat moet ek doen?” Henk gryp hom aan sy hemp en hy struikel.
”Wat de fok doen jy?”
”Ons help haar.” en dan val drie van hulle op ‘n hoop onder op die trap.
”Minnaar, wat gaan aan daar onder?” vra Yster van bo af.
”Kramp Majoor.”
”Wat sê jy?”
”Kramp Majoor!”
”Goed, kom ons breek vir ‘n ruk.”
”Waar is die kramp?”
”In my kuit.”
”Kry jy dit gereeld?”
”Nee, Majoor.”
”Trek jou boots uit. Ons breek vir tien minute.” hy stap na sy bakkie en Storm gaan lê weer op haar rug.
”Trek jou boots ook uit.” praat Henk met haar.
”Wat gaan dit help, ek het nie ‘n kramp gekry nie?”
”Dit sal help as jou bene vir ‘n ruk kan ontspan.” en sy begin die veters losmaak.
”Strek vir ‘n ruk as jy klaar is.” sy knik en sit die stewels langs mekaar neer.
”Nie meer lank nie, ons gaan net nou huis toe.” moedig hy haar aan toe sy weer lê.
”Hy gaan my dood maak.” sê Aryna oortuigend en Henk glimlag.
”Nee, hy gaan nie.” verskil hy van haar.
”Ek gaan dit nie maak nie.”
”Ja, jy gaan, dis net opleiding.” en sy skud haar kop.
”Drink water.” en hy gee vir haar sy eie bottel aan.
”Hy is reg, ek is nie sterk genoeg nie.
”Dit voel of ek nie meer arms het nie.
”Daai aanvalswapen weeg ten minste ‘n ton.” en sy drink aan die bottel.
”Gaan jy opgee vir hom?” vra hy.
”Ek is te klein, julle is almal groter en sterker as ek.”
”Dit maak nie saak nie, ons help jou weer.” en sy skud weer haar kop.
”Mislike blêrrie mansmens.” en hy kyk verlig vir haar.
”Dis beter, terwyl jy baklei gee jy nog nie op nie.”
”Wat as ek more nie kan loop nie?”
”Dan dra ek jou.”
”Asof dit nou gaan werk.” en sy gee vir hom die bottel water terug.
”Dis nog net more, dan is ons klaar.” sy haal diep asem en maak haar oë toe.
”Hy hou net nie op nie. Kan hy nie sien ons verstaan nie, dis nie nodig om so aan te hou nie?”
”Die idee is ons moet outomaties reageer, dis hoekom hy so aan hou.”
”Mmmm, ons sal na hierdie week nooit weer vergeet nie.” hy kyk hoe sy haar voete rond beweeg.
”Is jy nou oukei?” vra hy begaan en sy knik.
”Jy kan loop as jy wil, nie omdat jy net opgee nie, jy het die ses maande kurses deurgesien en dit was ook moeilik.” en hy sit en kyk hoe Yster vir Lourens ‘n sakkie vrugtesout gooi.
”Het jy water?” vra hy en Lourens knik.
”Gaan drink voor ons weer begin.” hy staan op en gooi die inhoud in sy bottel en drink dit vinnig.
Nadat hy klaar gedrink het trek hy weer stewels aan.
”Storm.” praat Yster hier langs haar en sy maak haar oë oop.
”Is jy reg?” sy antwoord nie maar knik net.
”Maak seker jy drink vanaand genoeg elektroliete, jy verloor baie water, jy gaan ook krampe kry.” sy knik weer.
”Eet jy as jy by die huis kom?” weer antwoord sy nie.
”Kyk vir my.” dring hy aan en sy sug hard toe hy weer langs haar kom hurk.
”Eet jy as jy huis toe gaan?” herhaal hy die vraag.
”Ek sal vanaand.” en hy kyk ongelowig na haar.
”Hoekom eet jy nie?”
”Want ek is moeg as ek by die huis kom.”
”Dis hoekom jy moet eet.” sy sit regop en begin haar stewels weer antrek.
”Ja, oraait, ek verstaan.” hy staan op en kyk op sy horlosie.
”Goed dames, het julle almal klaar gerus?” en dan hoor hulle die weer dreun. Yster kyk na die
wolke en frons.
”Ons moet klaar maak voor ons nat reën.” die manne staan oral op en dan kyk hy weer vir haar.
”Kaptein Storm, ek wag vir jou. Jy is eerste.”
”Jy kan nie net so bly lê nie.” sê Henk en kyk fronsend na Aryna.
Die vierde dag is uiteindelik verby en sy het weer op die gras gaan lê met haar pet in haar hand.
Sy is moeg en warm en haar grootste behoefte is om net te bly lê tot more oggend toe.
Miskien more die hele dag ook maar sy moet nog besluit.
Die vieslike man wat hulle so rondjaag gaan nie wen nie.
Nie vandag nie.
Miskien more maar sy moet nog daaroor ook besluit.
”Ek kan.” verskil sy van hom.
”Jy gaan af koel.”
”Dit sal lekker wees.”
”Ek sal by haar bly, julle kan gaan.” praat Yster hier langs hulle en Henk kyk vraend na haar.
”Greyling, ek sal haar Stasie toe vat.” herhaal hy en weer kyk Henk vraend na Aryna.
”Ry, ek sal oraait wees.” Henk kyk na Yster en sy vat aan Henk se been.
”Lanie wag vir Willem, ons is almal al die hele dag hier van vanoggend vroeg al.” praat sy en dan kom Willem ook aangestap.
”Storm, is jy oraait?” vra hy dadelik begaan.
”Ek wag vir die reën.” en almal kyk na die wolke wat swaar oor die stad hang.
”Hoe gaan jy dan by die Stasie kom?”
”Ek sal haar vat.” antwoord Yster en Willem kyk ook vraend na haar.
”Seker?” en sy knik. ”En as dit nie reën nie”
”Dit sal netnou.” weer kyk Willem fronsend na haar.
”Ons kan wag.”
”Moenie, ek dink hy is klaar vir vandag.” en Willem glimlag skeef.
”Gaan huis toe, Lanie en jou seuns wag vir jou, ek sal oraait wees.” en hy kyk op sy horlosie en
knik.
”Dan sien ons jou more oggend?” en sy knik weer.
”Behalwe as ek oornag dood gaan van uitputting.” en Willem kyk fronsend na haar.
”As my Ma vra sê vir haar dit was alles Yster van Jaarsveld se skuld.” nou glimlag Willem groot.
”Gee haar net ‘n paar minute, Majoor. Sy behoort dit te maak.” en Yster knik.
”Sal jy die wapens inboek?” vra hy en Willem knik.
”Waar is joune?” vra hy en kyk na Aryna.
”By my.” antwoord Henk.
”Boek ek hare ook in?” vra Willem en Yster knik.
”Maak seker al die magasyne is daar voor jy teken.” en Willem stap saam met Henk weg.
”Bye Henkie.” sê sy toe hulle na die patrolliemotor stap.
Hulle ry en Yster gaan sit teen die muur en kyk na haar.
”Ek het nie jou hulp nodig nie, Majoor.”
”Ek help jou nie.” en dan begin dit reën.
Nie vreeslik hard nie, net genoeg om alles af te koel.
Sy bly lê en hy kyk hoe haar gesig en hare nat word.
”Ons is nie meer aan diens nie, nê ?” vra sy en hy knik.
”So ek mag eerlik wees as ek wil?” en hy knik weer.
”Op die oomblik hou ek niks van jou nie.” sê sy baie eerlik.
”En ek dink nie jy weet wanneer om op te hou nie.” hy sit net stil en luister na haar.
”Weet jy wat almal van jou dink?” en sy kyk vraend na hom en hy reageer glad nie.
”Ek bedoel al die stories wat almal so aanhoudend oor jou vertel?” en hy kyk net na haar.
”Ek dink nie die meeste daarvan is die waarheid nie, maar daar is baie wat hulle nie vertel nie.
”Die meeste vroumense dink jy is een van die sexyste wit ouens wat nog uniform dra.” en sy haal diep asem.
”Maar ek dink nie een van hulle sal glo presies hoe groot bliksem jy regtig is nie.” hy kyk verras na haar en sien hoe die reën in straaltjies teen haar warm arms afloop.
Sy draai haar gesig na die reën en maak haar oë toe terwyl die druppels in haar gesig spat.
Sy bly nog vir ‘n ruk lê en hy skud sy kop ongelowig.
Ek sal dit altyd onthou.
Hoe jy nou lyk.
Heeltemal vry van alles.
Deel van alles.
Deel van my.
”Hoekom gaan jy nie net huis toe nie?” vra hy na ‘n rukkie.
”Jy sal my moet vat, almal het gery.”
”Dis nie wat ek bedoel nie.” sy maak haar oë oop en kyk fronsend na hom.
”Jy hoef dit nie te doen net omdat Ronel Basson en Leon dit van jou verwag nie.” dan staan sy op sonder om verder met hom te praat. Hulle is altwee effens nat, nie te veel nie en dit reën nie meer nie.
”Ek drink gou water.” en sy stap in die gebou in, hy staan op en tel haar pet op.
Na ‘n ruk kom sy weer nader en hy sluit vir haar die bakkie se deur oop en sy vat haar pet uit sy hand.
Hy is gewoond aan die reuk van warm mans lywe tydens opleiding, maar hier waar sy langs hom in die bakkie sit ruik sy anders.
Hy weet sy moet ook warm wees maar sy ruik soet en vroulik en toe hy na haar kyk het sy haar kop agter teen die leuning laat sak.
Hulle ry in stilte tot by die Stasie en toe sy uitklim kyk hy ernstig na haar.
”Eet voor jy gaan slaap.” praat hy met haar en sy kyk nog steeds nie vir hom nie.
Dan gaan klim sy in haar eie kar en los hom alleen op die parkeerarea.
Jisses jy kan vasbyt.
Wat de fok gaan ek met jou doen?
Jy is nie sterk genoeg vir die ding nie.
Hoeveel sal jy vat en hoeveel kan ek gee?
Hoekom moet ek dit nou weer saam met jou leer?
Amanda het nooit gegee nie, sy het net gevat en toe het ek ophou gee om te oorleef.
En later as ons mekaar ken, sal jy dan nog steeds gee?
”Yes Yster.” en hy sien die ouer man in die deur van sy kantoor staan.
”Yes Leon.” groet hy terug.
”Hoe gaan dit met Aryna?” vra hy en kyk ondersoekend na hom toe hy oorkant hom gaan sit.
”Ek dink sy gaan my oorleef. Dis nog net more en sy het nie geloop nie.” en Leon lag saggies.
”Ek verstaan dit het nie so goed gegaan met jou eerste noodsein nie?”
”Dit gaan nooit goed met die eerste noodsein nie.
”Dis hoekom hulle dit moet oefen voor ons begin. Hulle weet nie wat om te verwag nie.”
”Wanneer doen jy dit weer?”
”Nie vanaand nie, almal het gisteraand min geslaap en ons is al van vier uur af besig en ek het hard gedruk.”
”En die ander manne, hoe lyk dit?”
”Goed, almal van hulle.”
”En Greyling?” en Yster glimlag vinnig.
”Hulle help haar almal.”
”Almal?” en hy knik.
”Visser, Greyling, Vermaak, Minnaar. Almal help haar om deur die dag te kom.”
”Minnaar ook?” en hy knik weer.
”Dit moet die eerste keer wees, hy hou daarvan om sy eie ding te doen.”
”Hulle sal maklik as ‘n span kan operate. Met die regte planne sal hulle dit goed kan doen.”
”En Alex Khumalo?”
”Hy ook.” en Leon knik. ”Het jy weer van Central gehoor?”
”Ja, ek hoor elke oggend van hulle.”
”Hy gaan span maak.”
”Ek dink hulle weet.”
”En wat hoor Ronel Basson?”
”Ek weet nie, as sy iets hoor bespreek sy dit nie met my nie.”
”Yes Yster.”
”Yes, Vries. Hoe lyk’it?
”Piele vir Saartjie, my maat. Hier loop die ding nog baie mooi.”
”Ek is bly om dit te hoor.”
”En daar by jou, ons hoor baie stories.”
”En wat vertel die stories?”
”Dat jy die bokkie mishandel.”
”Dis wat julle hoor?” vra hy verbaas.
”Dis wat ons hoor.”
”Fok! Die enigste een wat nie mooi weet wat aangaan nie is ek.”
”Wat beteken dit nou?”
”Dat die bokkie nie gaan opgee nie, sy is so te sê deur die hele program.
”Sy kry swaar, ek kan dit sien maar sy gee nie op nie.”
”Jy het wragtig probeer?”
”Ek het.”
”So die keer is stories is waar?” vra Thys verbaas.
”Ek hou net by my program maar die manne staan elke keer in vir haar en dan kry sy kans om te rus.”
”En jy aanvaar dit so?”
”Dis manne wat al vir jare saam met haar werk.”
”Maar nogtans, wat gaan jy doen?”
”Die idee is om ‘n span te vorm wat saam kan operate, en sy kry dit reg sonder om enige iets te doen. Ek sal dom wees om dit te ignoreer.”
”Fok my maat, jy maak toelatings wat jou later in die gat gaan byt.”
”Hulle is almal baie begaan oor haar welstand want almal ken haar goed.
”Dit gaan vir my moer baie tyd spaar want ek sal dit nie later self hoef te doen nie.
”Ek weet nie regtig wat om van Hillbrow te verwag nie, hierdie keer sal ek ook saam met hulle
moet leer.
”Baie dinge wat hier in die donker kan gebeur.”
”Erger as hier by ons?”
”Ek weet nie, Vries, miskien.
”Ek sal moet kyk hoe die ding ontwikkel.
”Maar ek kan haar nie saam vat nie, jy sal nie glo hoe lyk dit nie.
”Die hele stad is vuil en verwaarloos en dinge val letterlik uit mekaar.”
”Wat het jy besluit, wie gaan dit wees?”

Published inBoek 2 HoofstukkeYster-Boek 2