Skip to content

Yster Boek 2 Opleiding – Hoofstuk 51

”Hallo Henk.” groet Aryna in haar foon.
Dis Saterdag oggend en dis nog baie vroeg maar Henk wil weet hoe dit met haar gaan.
Nadat Yster gistermiddag die opleiding afgesluit het is die hele span terug Stasie toe.
Hy het almal bedank vir hulle samewerking en gesê die span sal Maandagoggend aangekondig word nadat Brigadier Ronel Basson dit ook afgeteken het.
Aryna het hom voor almal baie vriendelik kom bedank en gegroet.
Henk het haar voorbeeld gevolg maar Yster het gesien nie een van hulle is gelukkig nie.
Hy het weer gevra of sy seergekry het maar sy het geweier om hom te antwoord.
Hy het gesien sy beweeg versigtig en keer onwillekeurig met haar hand toe die manne almal begin groet.
Hy het gehoop Henk sal kop hou en vra vir hulp as hy haar nie self kan versorg nie.
Henk het agter haar aangery en seker gemaak sy is veilig voor hy ook huis toe gegaan het.
Vandag gaan Kurt Darren nie help om die groot teleurstelling te verwerk nie.
Vandag luister hy na AC/DC en hy sing saam.
Hard, baie hard.
Die bevelvoerder van die eenheid wat hy van die begin af al dophou, wat hy al vir jare bewonder, die man waarvoor hy al maande wag om aansoek te doen vir sy eenheid, is ‘n doos.
Maar wat baie erger is, sy enigste vriendin het verlief geraak op die doos.
‘n Groot doos wat haar in ‘n vuil stoor laat toesluit het tussen die goggas.
Haar mond was toegeplak en daar was ‘n blou strepe kussingsloop oor haar kop getrek.
Jy sal nie by haar kuier nie, ek sal daarvan seker maak.
In sy klein kombuisie het hy twee koue biere gaan drink om te bedaar.
Hy het gaan stort en later onder die koel water bedaar.
Voor hy in die bed geklim het, het hy haar vinnig weer gebel en sy het hom verseker sy slaap al en hy hoef nie oor haar te bekommer nie.
Daarna het hy die lig afgesit en op sy rug gelê en vir die slaap gewag.
Hy gaan nie so maklik vergewe soos Willem Visser nie.
Want dit is nie hoe dit gaan wees nie.
”Hoe gaan dit met jou?” vra hy baie begaan. ”Het jy geslaap?”
”Dis baie seer vanoggend.”
”Wat is jou plan?”
”Ek sal moet hulp kry, dis seer as ek asem haal.”
”Ek is nou daar.”
Hy het dadelik sy kar se sleutel gekry en toe hy sy foon in sy sak druk het hy vir ‘n oomblik stil
gaan staan en ‘n belangrike besluit geneem.
Tyd om verantwoordelikheid te aanvaar vir jou eie kak, Yster van Jaarsveld.
Jy het die opdrag gegee.
Ek hoop sy vreet jou lewendig op.
Lig gebraai in botter op warm toast.
Nee, soos Sonja, lewendig en spartelend.
Hy het sy foon gevat en gesien dis nog regtig vroeg. Hy het diep asem gehaal en sy nommer
geskakel.
Ek hoop jy slaap nog, jou fokken vark.
Sy is bang vir goggas!
”Yes Greyling.” groet hy na die eerste lui.
”Majoor.” groet hy terug.
”Is alles reg?”
”Storm het gistermiddag seergekry.”
”Hoe ernstig is dit?”
”Sy sê sy kan nie asem haal nie.” Yster frons dadelik baie bekommerd.
”Ek sal gaan kyk.” Henk sit sy foon tevrede neer en gaan maak vir hom koffie.
Gee vir hom gas, Storm.
Genoeg dat hy dit nooit weer met jou doen nie.
”Henk, is dit jy?” hoor Yster haar binnekant praat nadat hy geklop het.
”Wat maak jy hier?” vra sy baie ongelukkig toe sy hom sien staan met sy sak oor sy skouer.
Hy sien dadelik sy haal vlak asem.
Sy het nie meer haar uniform aan nie. Sy dra net haar ou College hemp en hy kan sien sy het nie onderklere aan nie.
”Jy het seergekry.”
”Ek het nie hulp nodig nie.”
”Jy haal vlak asem.”
”Ek het nie jou hulp nodig nie.”
”Jisses Storm, ek kan jou help. Sluit oop die hek.”
”Ek wil jou nie hier hê nie.”
”Ek is hier om jou te help.”
”Nee, ek het nie hulp nodig nie.”
”Sluit oop die hek.”
”Jy is ‘n boelie en ‘n bees.” beskuldig sy hom.
”Dis hoekom jy my gevoer het.” en hy frons.
”Ons kan later daaroor baklei as jy wil, maar jy het nou hulp nodig.
”Maak oop, jy haal swaar asem.” dan sluit sy die hek oop en hy gaan dadelik in.
Alles aan die binnekant is vir hom bekend.
Dis die plek waar hy graag kom kuier as dit donker word in sy siel.
Hier eet hy weer saam met haar katjiebotter broodjies en sop.
Sy maak vir hom slegte koffie en hulle sit saam op die vloer voor die kaggel en gesels.
”Ek dink ek het dalk ‘n ribbetjie gebreek.
”Daai Thys de Vries skepsel gooi my oor sy skouer soos ‘n sak aartappels.
”Nog een van jou dinosaur maatjies wat nie verstaan dat ons nie meer in grotte met oop vure woon nie.”
”Ken jy vir Thys?” vra hy dan rustig en sluit die hek agter hom toe.
”Ek ken hom nie, ek weet van hom.” en hy druk die sleutel in sy kortbroek se sak
”Kan ek kyk?” sy knik.
”Gaan kamer toe.” daar sit hy die sak op haar bed neer en gaan sit.
”Wys my.” sy staan nader en lig haar hemp effens op en sy oë word groot.
Dis ‘n groot bloederige kneusplek wat opgeswel lyk.
”Hoekom het jy my nie al gister gesê nie?” en hy ignoreer haar kaal bene en die klein broekie wat sy aan het maar kan sien sy is maerder as wat hy onthou.
”Omdat jy my laat ontvoer het en ek niks van jou hou nie!” beskuldig sy hom.
”As ek geweet het jy het seer gekry het ek die opdrag gekanselleer.” probeer hy verdedig.
”Maar jy sou dit gedoen het as ek nie seer gekry het nie?” vra sy ontsteld en haal diep asem.
Sy hou dadelik op en hy kan sien dis seer.
”Ek gaan aan jou vat.” sy knik weer en byt op haar tande toe hy sag aan die kneusplek voel.
Dis warm onder sy hand en hy kyk bekommerd na haar.
”Ek dink nie dis gebreek nie, maar dis dalk gekraak.
”Ek sal jou moet hospitaal toe vat.” en sy laat sak haar hemp.
”Is dit regtig nodig?” vra sy ernstig.
”Ja, want jy kan nie asem haal nie. Kan jy aantrek?”
”Nee, ek het al probeer.”
”Hoeveel het jy geslaap?”
”Amper niks nie.”
”En toe bel jy vir Henk Greyling en nie vir my nie.”
”Hy het my netnou gebel en gesê hy kom my help.”
”Hy het my gebel.” en sy frons. ”Wat het gebeur?”
”Ek het verkeerd geval.”
”Hoekom?”
”My bene was nie sterk genoeg nie.” en hy kyk vraend na haar.
”Ek het jou ‘n paar keer gevra of jy seergekry het.”
”Ek het nie gedink dis so ernstig nie, dit het eers later seer geword.”
”Jy moet die hardkoppigste vroumens wees wat ek ken. Wat wil jy aantrek?”
”Daar is ‘n sweetpak broek in my kas wat ek nie kan bykom nie.” hy maak haar kas oop en kyk
vinnig wat daar is.
”Hierdie een?” vra hy en haal ‘n grys broek uit.
”Ja, maar jy sal my moet help, dis regtig seer.”
”Wat van ‘n skoon hemp en onderklere?”
”Die dokter sal my moet vat soos ek kom.”
”Jy het niks wat ek nog nie gesien het nie.”
”Dit maak nie saak nie, jy trek nie my klere uit nie.” hy gaan staan voor haar en hy help haar om die broek aan te trek.
”Waar is jou skoene?” vra hy toe sy alles reg getrek het.
”Daar onder die bed.” antwoord sy en kyk in die spieël en kreun.
”Kyk hoe lyk my hare.” kla sy en toe sy haar arms lig om dit te versorg hou sy dadelik op.
”Sorrie dokter, maar dis hoe ek nou gaan lyk.” en hy gooi weer die sak oor sy skouer toe sy die
skoene aan trek.
”Jy sal self moet loop, ek gaan jou seer maak as ek jou dra.” sy knik en dan stap sy saam met hom deur toe.
”Waar is jou handsak, ons gaan dit nodig kry.” sy wys met haar hand waar dit op die tafel staan, hy gooi dit ook oor sy skouer en sluit dan alles toe en druk die bekende sleutel weer in sy broeksak.
En toe weet hy hoekom hy nie in Oktober na haar toe gekom het nie.
Hy het sy goed in haar woonstel kom haal toe sy nog in die hospitaal was.
En hy het nie van die gevoel gehou dat hy haar ook net los soos Amanda nie.
Dis hoekom hy die plantjie saam met die sleutel gestuur het, dat sy hom nie moet vergeet nie.
”Ons gaan in my bakkie.” en hy sluit vir haar die deur oop.
Toe sy haar hand lig om in te klim trek sy weer haar asem diep in.
Hy lig haar vinnig op en sy gaan sit moeilik.
”Ek sal nie kan vas maak nie.”
”Dit maak nie saak nie.” en hy sit die sakke by haar voete neer.
Hy gaan sit voor die stuurwiel en kyk begaan na haar.
”Reg?” en sy knik. Die verkeer is nog nie te swaar nie maar dis Saterdag en enige ding is moontlik.
”Ek is jammer Storm.” probeer hy en sy kyk net stil na hom.
”Ek het nie geweet jy het seer gekry nie.”
”Dis nie waaroor ek kwaad is nie, dit was ‘n ongeluk.”
”Waaroor is jy dan kwaad?”
”Jy het my laat ontvoer nadat jy vir my gesê ek moet nie al die stories glo wat ek hoor nie.” en hy knik stil.
Thys is reg, jy gaan my lelik uitvreet.
”Mandy het my gewaarsku dis wat Leon gesê het, maar toe glo ek jou omdat jy so eerlik geklink het.” nou luister hy maar stil.
”Sy het om verskoning gevra omdat sy gedink het ons is almal in die moeilikheid oor die
patrolliemotor maar toe beplan jy al lankal die ontvoering.”
”Ek wil jou nie in my span hê nie.”
”En toe wat? Toe dink jy dit sal help as jy my laat ontvoer?!” en haar oë is groot en ontsteld en sy haal weer moeilik asem.
”Ek dink ons moet praat nadat jy ‘n dokter gesien het.” sy knik en maak haar oë toe.
”Ek hou niks van jou nie.” en hy glimlag effens toe hy na haar kyk.
”Dit sal weer reg kom.” en sy trek net haar mond.
By die hospitaal is hulle gelukkig, die nagskof is nog aan diens en ‘n ouer dokter is nog beskikbaar voor die mense weer gaan begin opdaag.
”What happened?” vra hy en kyk hoe moeilik sy nader kom.
”Police training.” antwoord Yster en die dokter kyk verbaas na Aryna.
”You’re an officer?” vra hy en sy knik.
”Kaptein Aryna Storm.” stel sy haarself voor.
”Your husband?” vra hy en kyk na Yster.
”No, the man responsible for all this.” en hy kyk verbaas na hom.
”Majoor Yster van Jaarsveld.” stel hy homself ook vinnig voor.
”Have you completed a form?” en sy skud haar kop.
”You get the form.” en hy kyk vir Yster. ”and she comes with me before I leave.” en Yster knik
instemmend.
”Otherwise you will be here for a long time.” die man roep na ‘n ontvangsdame en vra vir ‘n rolstoel.
”Dis nie nodig nie.” probeer sy dadelik keer.
”Yes it is.” en die vrou kom nader met een.
”Careful.” praat hy toe sy moeilik gaan sit.
”When did this happen?” vra hy en kyk na Yster.
”Yesterday afternoon.”
”And you only bring her in now?”
”She only told me this morning.”
”You are one of those?” vra hy en Aryna frons.
”You don’t ask for help because you can help yourself?” en sy glimlag effens skuldig.
”I’m going to need x-rays here.” praat hy weer met die ontvangsdame.
”Get her before she leaves.”
Yster gaan haal haar handsak en gaan kry ‘n vorm.
Dis reeds na agt toe die dokter vir Aryna terug bring.
”Nothing is broken, it is just very badly bruised.
”Must be those vests you wear otherwise I think she definitely would have broken it.” en Yster kyk verbaas na haar.
”I injected her with some painkiller and put a good bandage on, unfortunately our dispensary does not have stock on what I think she needs.” en hy gee vir Yster ‘n voorskrif aan.
”Just down the road is an emergency pharmacy, they should be open.” en dan kyk die dokter weer na Aryna.
”There is a lovely bakery at that supermarket, they sell the most beautifull hot cheese buns at this time, get something to eat.” en sy glimlag sag.
”Thank you doctor.” sê sy en hy kyk weer na Yster.
”Keep an eye on her, the medicine I prescribed is strong, she will have to eat.” en Yster lig sy
wenkbroue.
”Don’t tell me, she only eats when she is hungry?” en Yster knik.
”Good luck then, my daughter and my wife is always fighting about the same thing.” en dan kyk Yster dankbaar na hom.
”She takes it every six hours,” en hy wys weer na die voorskrif, ”stick to the prescription.”
”I’ll take care of it.”
”Good, now I go home.”
Yster parkeer so naby as moontlik aan die apteek en kyk ernstig na haar.
”Is jy reg?” en sy knik. ”Dit kan dalk lank vat, hier is heelwat mense.”
”Ek sal wag.”
”Kry ek van die man se warm broodjies?” en sy knik.
”Net ‘n paar.”
”Musiek?” vra hy en sy knik. Hy skakel die radio aan en kyk weer ernstig na haar.
”Ek sal dit maak, moenie so lyk nie. Een of ander tyd sal die inspuiting inskop en hy het my goed vasgebind.”
”Ek los die sleutel hier by jou, jy sluit as ek uitklim.” sy knik en hy klim uit.
Nadat Yster die voorgeskrewe middels by die apteek gaan kry het stap hy na die supermark om van die warm rolletjies te gaan koop.
”Yster, wat maak jy hier?” vra Lourens verbaas en staan nader.
”Yes Minnaar.” en dan sien Lourens vir Aryna in sy bakkie sit.
”Wat maak sy saam met jou?” vra hy direk en Yster glimlag effens.
”Ek moes haar hospitaal toe vat.”
”Hoekom hospitaal toe?”
”Sy het gister seergekry.”
”Seer genoeg om hospitaal toe te gaan?” en Yster knik. ”Wat is fout met haar?”
”Sy het geval en is sleg gekneus.”
”Fok, ek gaan hoor hoe dit met haar gaan.” en saam stap hulle na die bakkie.
Aryna sien hulle aankom en dan vang haar oog hoe ‘n ouer vrou hardhandig weg gestamp word.
Die man laat haar op die grond lê sonder om haar op te help.
Dan klim hy in ‘n motor en die vrou begin hard skree.
”Eben!” en hulle gaan altwee verbaas staan.
”Daai vrou word gehijack.” hulle kyk vinnig rond en sien die vrou wat probeer opstaan en weer skree.
Hulle hardloop nader en net toe hulle dink die man gaan weg kom met haar motor sien hulle hoe sy Polisie bakkie die motor vas trek in die parkering.
”Wie de fok is Eben?” vra Lourens en kyk verbaas na Aryna wat agter die stuurwiel sit.
”Ek. Kom!” en saam draf hulle vinnig na die twee motors.
Vinnig word die man in die motor aangehou en ontwapen.
Yster kyk na die bakkie en roep na haar.
”Storm, kontak die Stasie.” Yster sien hoe die vrou na sy bakkie stap.
Vir ‘n rukkie gebeur niks nie en dan roep die vrou na hom.
”Is dit jou bakkie?” vra sy en hy knik.
”Ek dink die een het flou geword.” en Yster frons.
Lourens kyk ook na die bakkie en dan stap Yster om te gaan kyk hoe dit met Aryna gaan.
”Storm.” praat hy met haar deur die venster, en sy reageer nie.
”Storm!” herhaal hy maar sy reageer nog steeds nie.
”Het sy iets gesê?” vra hy en kyk na die vrou se bekommerde oë.
”Nee, haar oë het net dof geword en toe val sy om.” dan steek Yster sy hand uit en vat saggies aan haar.
”Storm.” en sy stem is dringend.
”Mmm.” hoor hulle altwee.
”O! Sy is oraait.” sê die vrou verlig, dan skakel Yster self die radio aan en roep vir hulp.
Wanneer die roep geantwoord is kyk die vrou vraend na hom.
”Is julle aan diens?” vra sy belangstellend.
”Nee, ek het haar gou hospitaal toe gevat.”
”Opleiding?” en Yster knik.
”Ek is Jana Meiring.” stel sy haarself voor.
”Yster van Jaarsveld.” en sy kyk verras na hom.
”Jy het haar opgelei?” en hy knik.
”Majoor!” roep Lourens na hom.
”Yes.”
”Is Storm oraait?” en Yster skud sy kop. ”Stuur die Stasie hulp?”
”Hulle route iemand hiernatoe.”
”Vat haar huis toe.” en Yster kyk weer baie begaan na Aryna wat baie ongemaklik lê.
”Mevrou Meiring, moet asseblief nie huis toe gaan voor jy ‘n verklaring gemaak het nie.”
”Ek sal nie, baie dankie. Ek het my motor en ek gaan lewendig huis toe.”
”Jy moet haar bedank, sy het gesien wat gebeur.” en sy knik vriendelik.
”Waar kry ek haar?”
”By die Jeppe Stasie.”
”Jy ook?” en hy sien verlig hoe daar ‘n patrolliemotor nader kom.
Daar word weer oor die radio gekommunikeer en die motor draai dadelik na hulle toe.
”Jammer Mevrou. Ja, ek is ook by Jeppe.” hy kyk weer vinnig na Aryna en dan na die motor.
”Wie is hy?” vra die vrou en kyk na Lourens.
”Lourens Minnaar.”
”Jy hom ook opgelei?” en hy knik weer.
”Storm wie?” vra sy en kyk weer na Aryna.
”Aryna Storm.”
”Ek dink Lourens Minnaar sal regkom, gaan versorg haar.” stel sy voor toe twee beamptes nader staan.
Hy vat weer saggies aan haar.
”Storm, hoor jy my?” en sy knik effens.
”Kan jy opskuif?” vra hy sag en Jana staan en kyk hoe dit gebeur.
”Mmm.” hoor hulle en sy sit effens regop.
”Eina, eina.” en sy gaan weer dadelik lê.
”Probeer Kleinding, jy moet by die huis kom.” en hy weet nie hoe sag sy stem is nie.
”M-m.” en hy stap om die bakkie en gaan maak die ander deur oop.
Hy klim vinnig in en toe baie versigtig trek hy haar oor na die passasiers sitplek.
”Eina.”
”Jy moet regop sit.” praat hy baie mooi met haar.
”M-m.”
”Kom ek help jou.” en hy trek haar baie versigtig op.
”Ek gaan jou vasmaak dat jy nie weer omval nie.” en sy knik.
Dan baie versigtig maak hy haar met die veiligheidsgordel vas.
”Ons is nou by die huis. Nog net ‘n rukkie.” en nou reageer sy glad nie.
Dan vee hy haar deurmekaar hare saggies van haar gesig af.
”Gaan sy dit maak?” vra Jana begaan.
”Ek moet haar by die huis kry.”
”Dan sal jy moet ry.” stel sy voor en hy kyk weer vinnig na die drie beamptes.
”Moenie oor hulle worry nie. Dis min dat die publiek beamptes sien wat iets regkry, dis goed vir almal.” dan klim hy vinnig agter die stuurwiel in en verlaat die parkeer area.
Hy sien in die tru spieëltjie hoe Jana by Lourens gaan staan terwyl die patrollie manne wag vir ‘n vangwa.
Hoekom ken ek jou, Jana Meiring?

Published inBoek 2 HoofstukkeYster-Boek 2