By haar woonstel probeer hy haar weer wakker maak.
”Storm.” maar sy reageer nie.
Hy klim uit en maak die deur by haar oop.
Hy haal die gordel af en skud liggies aan haar.
”Storm.” probeer hy weer.
Dan kom staan tannie Patty langs hom en kyk baie bekommerd na haar.
Tannie Patty Collins is die opsigter by die woonstel blok.
Kort kompakte vrou met donker hare en ‘n swartraam bril wat haar laat kwaai lyk.
Niemand weet nie, maar die paar woonstelle behoort aan haar seun wat nou al vir jare in Kanada bly.
Net soos baie ander mense glo en vertrou sy ook dat haar kinders eendag weer in Suid Afrika sal kom woon.
Dit bekommer haar partykeer want haar kleinkinders weet nie wat somer beteken nie, hulle hou Kersfees in die donker sneeu en koue.
Hulle weet nie wat ‘n rooi son verbrande neus beteken terwyl jy ryp waatlemoen buite in die tuin eet nie.
Maar die hemel weet, die warm wyn met pypkaneel en naeltjies wat almal daar so drink is nou een van die dinge wat sy nog steeds na al die jare nie waardeer nie.
Om goeie wyn so op te mors is ‘n skande.
Maar daar is eerste wêreldse hospitale en skole, dinge wat vir hulle baie belangrik is.
Dinge wat al hoe meer onmoontlik raak hier ter plaatse.
”Wat is verkeerd met haar?” vra sy en kyk ondersoekend na hom.
”Wie is jy?”
”Yster van Jaarsveld.”
”Waar kom jy vandaan?”
”Ons werk saam.”
”Jy is ook by die Polisie?” en hy knik.
”Wat is verkeerd met haar?”
”Sy het seergekry met opleiding.”
”Watse opleiding?” en hy antwoord nie.
”Vir wat lyk sy so as sy seer gekry het?”
”’n Dokter het haar ingespuit.”
”Mmm, weet Rina wat aan gaan?”
”Rina?”
”Haar Ma.”
”Ek weet nie.”
”Sy moet haar laat weet, netnou is daar weer moeilikheid.”
”Watse moeilikheid?”
”Die kind is verlede jaar amper morsdood geskiet en haar Ma was nie gelukkig nie.” en hy kyk
verbaas na haar.
”Wat het gebeur?”
”Haar Ma en Pa was altwee baie ongelukkig met haar loopbaan keuse, en nou met haar Pa wat afgesterf het dink ek Rina wil hê sy moet terug gaan huis toe.”
”Ek sal seker maak sy laat haar weet.”
”Maar eers as sy beter lyk, dit lyk nie nou goed nie.” stel die vrou voor en Yster knik.
”Wie gaan by haar bly as sy so lyk, Henkie?”
”Nee, ek sal.”
”Dis beter, daai jongman sukkel om groot te word.” weer kyk Yster verbaas na haar.
”Dis hoekom Rina hulle al vir jare uitmekaar hou, hy is heeltemal te jonk vir haar.
”Hy sal eers moet groot word en ek stem saam.”
”Enige iemand anders wat hier kuier?” en die vrou skud haar kop.
”Nie ‘n man nie, net Henk.
”En party keer daai ander ronde enetjie, Madelein Gouws, sy kom ook partykeer.
”Maar met die skietery verlede jaar was hier glo ‘n neef van haar wat hier oornag het vir ‘n paar aande.
”Maar Rina het later vir my gesê sy het nie so neef nie.” en weer kyk die vrou ondersoekend na hom.
”Ek moet haar in die bed kry.” sê Yster en Patty staan weg van die bakkie af.
”Onthou om Rina te laat weet.” en toe Yster Aryna saggies uit die bakkie tel gaan haar arm om sy nek.
”Bye Tannie Pattie.” hoor hy haar praat in sy nek.
”Bye, Rientjies. Word vinnig beter.”
”Ek sal.”
”Bel jou Ma.”
”Ek sal.” die vrou lyk verlig en stap weg.
”Jy laat haar net aanhou praat en jy help my nie?” vra hy beskuldigend en sy skud haar kop.
”Daar was spinnekoppe in daai stoor.” en hy kyk verbaas na haar.
”Kan jy staan, ek moet die hek oopsluit.”
”Oukei.” en hy sit haar neer.
Sy gaan staan teen die muur en frons toe sy vir hom kyk.
”Henk is baie kwaad vir jou.” sê sy uit die bloute en voor hy kan reageer praat sy weer.
”Ek moet gaan piepie.” en hy sluit die deur oop.
”Not all piepie times are poepoe times, but all poepoe times are piepie times.
”Het jy geweet?” en hy glimlag geamuseerd.
”Kom, jy is heeltemal deurmekaar.”
”Onthou om vir Rina te laat weet.” praat sy weer maar bly staan.
Hy vat haar aan haar arm en trek haar versigtig na binne.
”Het jy nog seer?” vra hy toe sy gewillig saam kom.
”Ek moet piepie.” sê sy weer en stap badkamer toe.
”Dankie, dankie, dankie Dokter. Jy is gaaf.” hoor hy haar gesels en dadelik trek sy die grys
sweetpak broek saam met die skoene uit.
Hy glimlag weer en gaan haal vinnig haar handsak in die bakkie.
Hy hang dit aan die stoel op en sien die badkamer deur is toe.
”Het jy met jou Ma gepraat?”
”Nee, nee, nee, miskien more.” dan hoor hy hoe sy die water trek.
Die deur gaan oop en sy kyk fronsend na hom.
”Henk is kwaad vir jou” sê sy weer en dit lyk of sy vir ‘n oomblik konsentreer.
”Moet ek met haar praat?”
”Ek moet gaan slaap want ek voel moeg.” en sy stap by hom verby en gaan lê op haar bed.
Hy wag vir ‘n oomblik en dan hoor hy haar diep asem haal en hy sug verlig.
Sou dit nou die inspuiting wees?
Jy is heeltemal op ‘n stasie.
Ek sal die ding een of ander tyd met Greyling moet bespreek.
Hy sal ‘n goeie operator maak as hy net selfbeheersing kan leer.
Net seker maak ek kry hom aan my kant.
Dit sal voordelig wees vir almal.
Dan stap hy na haar kombuis toe en skakel die ketel aan.
Hy sien die plantjies is nie meer in die vensterbank nie en dan kyk hy waar sy die vorige keer die koffie gehou het.
Hy is verbaas toe die bottel nog daar staan.
Terwyl hy vir hom maak hoor hy haar roep.
Hy stap dadelik na haar kamer.
”Hannes.” hoor hy haar weer roep en hy gaan verbaas staan.
”Ek kry koud.” vir ‘n oomblik reageer hy nie.
Nog niks van jou gehoor nie.
Dan gooi hy die duvet saggies oor haar.
”Dankie.” sê sy en slaap verder.
Is jy die naweekpomp waarvan niemand weet nie?
Mandy Gouws ken jou ook nie.
Hy gaan terug kombuis toe en maak die koffie klaar.
Hoekom weet Patty net van Greyling?
Kom Hannes dan nooit hier na toe nie?
Baie by jou kan uitvind, tannie Patty.
Jy is meer as gewillig om inligting te deel.
Hy drink die koffie en stoot toe een van die groot stoele in die sitkamer na haar slaapkamer. Hy gaan sit en kyk vir ‘n lang ruk net na haar.
”Hannes.” roep sy weer.
”Ek is dors.” en hy staan op.
”In die yskas is koue water.” hy stap kombuis toe en kry die bottel waarvan sy gepraat het in die yskas.
Hy sit dit in haar hand en sy suig dors.
Toe sy klaar is sit hy die bottel op haar bedkassie neer
Hoekom het jy hom nog nie laat weet nie?
Hy sal seker wil weet as jy seergekry het.
”Hannes, nog.” en hy sit weer die bottel koue water in haar hand.
Dan begin sy deurmekaar met Hannes gesels en hy kyk verbaas na haar.
Sy gebruik lang deurmekaar sinne en woorde wat hy nie kan uitmaak nie.
Sy drink al die water op en laat val dan die leë bottel op die vloer.
Jy wil beslis met die man gesels.
”Storm?” praat hy sag met haar terwyl hy die bottel optel.
”Mmmm.”
”Moet ek vir Hannes kontak?”
”Hy sal nie kom nie.”
”Hoekom nie?”
”Hy kan nie.” en hy sit die bottel op die bedkassie neer.
Sou hy nou getroud wees?
Dis hoekom jy hom so min sien.
Hy gaan sit weer op die groot stoel en kyk ernstig na haar.
Hoekom sal iemand soos jy met ‘n ander vrou se man sukkel?
Bedaar net, ek weet nog niks nie.
Hy sit terug en strek sy bene lank voor hom uit. Net voor hy ook aan die slaap raak hoor hy ‘n foon lui. Hy gaan haal haar foon uit haar handsak en gaan staan buite by sy bakkie in die son.
”Yes Greyling.” groet hy.
”Hoekom antwoord jy haar foon?” en hy kan hoor sy is reg, Greyling is nie gelukkig met hom nie.
”Omdat sy slaap.” antwoord hy geduldig.
”Waar is jy dan?”
”By haar woonstel.”
”Is sy oraait?”
”Ek moes haar hospitaal toe vat, die dokter het haar ondersoek en niks is gebreek nie, dis net sleg gekneus.”
”Het hy haar afgeboek?”
”Nee, hy het nie.”
”Het hy haar ingespuit?”
”Ja, hy het.”
”Dit maak haar partykeer simpel.”
”Ek het gesien.”
”Wat gaan jy nou doen?”
”Ek gaan hier bly want sy moet later medikasie drink.”
”Ek het vir haar gesê ek sal haar kom help maar ek het ‘n paar goed om gou te doen.”
”Dis nie nodig nie, sy slaap nou.”
”Sê vir haar ek het gebel, ek sal later kom kyk hoe dit met haar gaan.”
”Ek sal.” hy stap weer in en sien ‘n hoop tydskrifte wat hy saam vat na haar kamer.
Hy gaan sit die foon langs die leë water bottel neer en kyk weer na haar.
Die inspuiting het beslis ingeskop.
Word vinnig beter Stormpie, ek voel soos ‘n doos.
Later lui die foon weer en hy lees Micheal Schumacher op die skerm en glimlag.
”Yes.” groet hy kortaf.
”Who is this?” vra ‘n verwarde stem.
”Van Jaarsveld.”
”Major, is that you?”
”Yes.”
”It’s Julian West speaking.”
”Yes.”
”Where is Aryna?”
”Sleeping.”
”Is she okay?”
”She will be.”
”Do you know if she will be able to go racing with me tomorrow?”
”No.”
”Oh, alright then.” en hy sit die foon af voor die man verder kan praat.
Nee, sy gaan nie weer saam met jou nie.
Gaan die volgende bliksem nou Minnaar wees wat wil weet hoe dit met jou gaan?
Wat nou van jou Ma?
Hy gaan sit weer op die groot stoel en sug saggies.
Hy strek weer sy bene lank uit en maak sy oë toe.
Dan lui die foon in sy sak en hy haal dit vinnig uit.
”Yes, Leon.”
”Wat de fok, Yster?” praat hy met hom en Yster frons.
”Jy het Aryna laat ontvoer?! Wat het jy gedink?” dan staan Yster op en gaan staan weer buite by sy bakkie.
”En sy het so seergekry jy moes haar hospitaal toe vat. Wat gaan aan?”
”As jy bedaar kan ek antwoord.”
”Ek hoop die papier werk by die hospitaal is ordentlik ingevul.”
”Leon, dis nie die eerste keer wat ek dit doen nie.”
”Jisses, swaer. Is sy oraait?”
”Ja, Leon. Sy is versorg.”
”Fokit, waar is sy nou?”
”In haar bed.”
”Waar is jy?”
”Hier by haar.”
”Wat het by die supermark gebeur?”
”Waar kry jy jou inligting?”
”By Lourens Minnaar.”
”Het hy jou gekontak?”
”Nee, ek moes hom kontak.”
”Namens wie?”
”Ronel Basson.”
”Hoe weet sy wat gebeur het?”
”Ek het nie ‘n idee nie.”
”Wat sê sy oor die ontvoering?”
”Sy het niks gesê nie, ek dink nie sy weet nie.”
”Volgens die program wat ek aan julle voorgelê het is dit goedgekeur.”
”En jy dink om twee lede van jou Wes-rand span te kry om ‘n ander lid te ontvoer veronderstel jy hou by jou beplanning?”
”Leon dit is deel van my opleiding.”
”Met ‘n sak oor haar kop?”
”Ja.”
”Wat van Henk Greyling, hy moet buite homself wees?”
”Hy het my laat weet dat sy seergekry het.”
”Wanneer?”
”Vanoggend vroeg.”
”En toe vat jy haar hospitaal toe?”
”Ja.”
”Fok, swaer. Ronel Basson gaan nie gelukkig wees met die sirkus nie.” en Yster glimlag.
”Seker nie.”
”Ek sal probeer om dit stil te hou.”
”Dis nie nodig nie, ek het dit verduidelik in my beplanning.”
”Hoekom kies jy haar toe?”
”Omdat sy die kleinste lid is.”
”Maar dit sou tog beter gewees het as jy een van die kleiner manne gekies het.
”Jy weet hoe daar op die oomblik aangegaan word oor Gender Based Violence.”
”Daar was geen geweld nie.”
”Fok swaer, die man met die hoed het memos laat uit stuur oor die ding dat vroumense beskerm moet word om veiliger gemeenskappe te verseker.”
”Wanneer sy in my span is gaan sy soos ‘n lid hanteer word. Ek gaan nie toelatings maak nie.”
”Hoekom nie?”
”Omdat ek nie my hele span in gevaar gaan stel vir fokken Polisie politiek nie.” vir ‘n rukkie is Leon stil.
”Weet jy wie Basson se informant is?”
”Nee, ek weet nie.” en hy sug weer.
”Fok, swaer, dis Saterdagoggend, kan mens nie net partykeer rustig naweek hou nie?”
”Ek is jammer as ek die oorsaak van jou kwellinge is.”
”Wat het by die Supermark gebeur?”
”Storm het gesien ‘n motor word gehijack en toe kon ons die oortreder arresteer.”
”Wanneer het sy flou geword?”
”Nadat sy die voertuig vasgekeer het in die parkeerarea.”
”En toe?”
”En toe bring ek haar huis toe.” vir ‘n rukkie is Leon stil.
”Fokken cowboys so vroeg in die oggend.
”Julle twee gaan saam ‘n slegte kombinasie wees.” en hy sug ongelukkig.
”Ek sal jou kontak as daar nog vrae is.”
”Dis reg.” en vir ‘n ruk bly Yster in die son staan.
Dan vee hy oor sy gesig en skakel ‘n nommer op sy foon.
”Yes Yster.”
”Yes Vries, waar is jy?”
”Ek koop kos saam met Klara. Hoe gaan dit met jou bokkie?”
”My bokkie was netnou nog in die hospitaal.”
”O fok! Hoekom?”
”Omdat jy reg was, sy het sleg seergekry en my nie gesê nie.”
”Maar dis nou versorg?”
”Julle het haar mond toegeplak en ‘n sak oor haar kop getrek?” en Thys lag lekker.
”Sy het gedreig om te skree as daar ‘n gogga op haar klim.”
”Ronel Basson het Leon gekry om vrae te vra.”
”Wie is sy?”
”Die nuwe Stasie bevelvoerder.”
”Haar moer man, dit was deel van jou opleiding. Jy doen dit al vir jare.”
”Nog iets wat ek moet weet?”
”Ek het haar vasgemaak aan die rak en die stoel, haar mond toegeplak en ‘n sak oor haar kop geterk.
”Niks anders nie.” en Yster trek sy mond.
”Hoekom het jy nou kak?”
”Omdat ek haar gekies het.”
”Die bokkie?”
”Ja, die bokkie.”
”Wie moes jy dan gekies het?”
”Een van die manne.”
”Ag fok! Seker weer die gender kak. Wat gaan jy doen?”
”Wag.”
”Laat weet as ons moet help.”
”Ek sal.” vir ‘n ruk bly hy in die son staan.
Wie praat met jou Brigadier Basson?
Jou informasie is akkuraat.
Baie beter as myne.
Later toe Aryna weer wakker word kyk sy verbaas na hom.
”Jy is nog hier?” en hy knik. ”Hoekom?”
”Omdat ek nie sulke slegte maniere het soos jy nie.”
”Watse slegte maniere het ek?”
”Jy is die een wat in die donker opstaan en my alleen hier gelos het.” vir ‘n oomblik kyk sy
heeltemal verbaas na hom.
”Wanneer het ek dit gedoen?”
”Altwee die kere wat ons saam geslaap het.”
”Jy is sommer simpel.” en sy maak haar oë styf toe.
”Het jy seer?” en sy skud haar kop.
”Ek moet baie dringend toilet toe gaan.”
”Jy het baie water gedrink.”
”Waar?” en hy kyk na die leë bottel op haar bedkassie.
”Wanneer het ek dit gedrink?” vra sy en frons deurmekaar.
”Jy het gevra vir water. Wil jy nie vir Hannes laat weet jy het seergekry nie?”
”Hannes?” en hy knik. ”Hoe weet jy van Hannes?”
”Jy het vir ‘n lang ruk met hom gesels.” en sy frons.
”Waaroor?”
”Ek het nie verstaan nie.” en sy knik.
”Ek moet regtig gaan piepie, dis dringend.” hy staan nader en help haar op.
”Partykeer maak inspuitings my simpel.”
”Waarmee het hy jou ingespuit?”
”Ek het nie gevra nie.”
”As jy weet kan jy vir iets anders vra.”
”Dit gebeur nie gereeld nie.”
”Wie is Hannes?”
”Hy kan nie kom nie.”
”Hoekom nie?”
”Want hy kan nie.”
”Laat hom net weet.”
”Ek het al gisteraand.” en dan stap sy versigtig badkamer toe.
Na ‘n rukkie kom sy terug en gaan kyk vinnig vir haarself in die spieël.
”Wanneer laas het jy geëet?” vra Yster en kyk ondersoekend na haar.
”Gistermiddag.”
”Daar is nie veel kos in jou yskas nie.”
”En jy het toe nie broodrolletjies gekoop nie?” en hy skud sy kop.
”Nee, ek het nie want jy speel cowboy op almal se nugter maag.”
”Was sy oukei?” en hy frons. ”Die vrou wat so geskree het?”
”Ja, sy is.”
”Wat weet jy van haar?”
”Haar naam is Jana Meiring.” en sy kyk vraend na hom.
”Dis al wat ek weet.
”Maar …”
”Minnaar het oorgeneem toe ek jou huis toe bring.” hy kan sien sy probeer onthou wat gebeur het.
”Jy het flou geword.”
”Ek moes eintlik vanoggend winkel toe gegaan het vir kos maar toe is daar ander goed belangriker.”
”Hoekom het jy net flou geword?”
”Jou stoel was te ver van die stuurwiel af.” en hy kyk vraend na haar.
”En toe stamp ek met die briek slag teen die stuurwiel. Ek wou nie jou bakkie stamp nie.” probeer sy verduidelik.
”Jy het jouself flou gestamp?” vra hy geskok en sy knik.
”Jy sal moet eet voor jy kan medisyne drink.”
”Ek sal eers moet gaan stort voor ek eet.”
”Dit sal jou help ontspan.”
”Die dokter het ‘n vreeslike verband om my vasgedraai.”
”Hy het so gesê.”
”Dit sal seker afgehaal moet word voor ek gaan stort?” en hy kyk ondersoekend na haar.
”Hoekom is dit ‘n probleem?”
”Jy sal my moet help om dit af te haal.” en hy glimlag.
”Ek dink ek sal dit kan doen.”
”Help my net om weer die broek aan te trek.”
”Jy wil gaan stort nou trek jy die broek aan?”
”Ja, maar ek het net hierdie hemp aan.”
”En jy gaan dit seker ook uit trek om te stort?” en sy knik.
”Maar dan het jy alles gesien.”
”Ek het al alles gesien.”
”Ek het nie vanoggend daaraan gedink nie.”
”Jy dans graag in jou onderklere in jou kombuis.” en daar slaan die rooi weer in haar nek uit.
”Ontspan, Stormpie. Ek sal jou help met die verband.” en sy knik instemmend.
”Goed. Dan help ek jou.” en hy gaan sit op die bed. Sy staan nader en hy begin die verband
losmaak.
”Jy het maer geword.”
”Mmmm.”
”Hoekom?”
”Omdat jy nie weet wanneer om op te hou nie.”
”Dit was die opleiding?” en sy knik.
”Is eet gewoonlik ‘n probleem vir jou?”
”Dis nie ‘n probleem nie, ek eet net wanneer ek honger is.”
”En oefen maak jou nie honger nie?”
”Nee, nie gewoonlik nie.” en dan sit hy die opgerolde verband op die bedkassie neer.
”Gaan stort, ek sal dit terug sit as jy klaar is.” en sy kyk nie vir hom tot sy seker maak die hemp hou alles toe nie.
”Gaan jy nou ry?”
”Nee, netnou val jy om in die stort.”
”Ek sal nie, man.”
”Ek wag tot jy klaar is.” sy stap tot by haar kas en kry vir haar klere.
Dan gaan sy vinnig badkamer toe en hy hoor hoe sy die deur sluit.
”As jy omval moet ek kan ingaan.” praat hy hard met haar.
”Ek sal nie omval nie.” verseker sy hom weer en hy skud sy kop.
”Skree maar as dit nodig is.” en dan hoor hy hoe sy die water oopdraai.
Hy gaan kry die apteek sakkie en gooi die inhoud op haar bed uit en lees noukeurig al die
voorskrifte op die boksies.
Wanneer sy later terugkom kamer toe is haar hare nat.
”Beter?” vra hy en sy knik.
”Goed, kom ek help jou.” dan maak hy een van die boksies oop en haal ‘n buis uit.
Hy druk daarvan op sy vinger uit en kyk weer na die kneusplek.
Dis nie meer geswel nie en sy hou haar asem op.
”Moenie my seer maak nie.” waarsku sy en hy knik net.
Baie versigtig smeer hy die room aan en sy haal nie asem nie.
”Jy maak my seer.”
”Ek kan nie sagter vat nie. Ek moet die room aansmeer.”
”Hoekom nie liewer net goed wat mens aanspuit nie?”
”Ek weet nie.”
”Jy het gesê jy sal seker maak ek geniet dit ook, jy kry dit nie reg nie.”
”Wanneer het ek dit gesê?”
”As jy vat en voel sal ek dit ook geniet.” en hy glimlag groot.
”O ja, ek mag kyk en vat maar niks geniet nie.”
”Jy hoef my te herinner nie.” sy haal diep asem toe sy hande weer sag aan die kneusplek vat.
”Jy het saam met my geskinder oor jou. Dis laag en gemeen en vreeslik ongeskik.” hy lag weer
saggies.
”Dit was nogal ‘n verandering.”
”Hoekom?”
”Mense vertel my altyd hoe oulik ek is en toe vertel jy vir my ek is eintlik net ‘n mislike blêrrie
mansmens wat ‘n dinosaur is.”
”En jy is net ‘n skelm wat ander mense se private geselskappe afluister.”
”Sien jy, dis nogal ‘n verandering.”
”Omdat ek eerlik is?”
”Is dit wat jy dit noem?”
”Wat noem jy dit?”
”Dit werk nie vir almal nie.”
”Dit hoef nie met almal te werk nie, net vir jou.”
”Beter?” vra hy toe die verband weer styf vasgemaak is.
”Oor die ontvoering.” en sy kyk vol belangstelling na hom.
”Ek is regtig jammer. Ek het nie geweet hulle het jou mond toegeplak nie.”
”En sien jy daar?” en sy wys na haar spieëlkas.
”Wat moet ek sien?”
”Daai blou strepe kussingsloop?” en hy knik.
”Daai mislike Thys de Vries het dit oor my kop getrek.”
”Ek is baie jammer daaroor ook.”
”Wat was jou bevel?”
”Om jou in die stoor te gaan toemaak.” en sy kyk ondersoekend na hom.
”Maar ek sou tog nie net daar gebly het nie.”
”Het hulle vir jou gesê dit was my bevel?”
”Ja, maar wat het jy gedink? Ek gaan net daar vir jou wag?”
”Nee, dis nie wat ek verwag het nie, dis waarvoor ek gehoop het.” en sy kyk heeltemal ongelowig na hom.
”Dan moet ek ongelukkig vir jou sê dat jy my glad nie ken nie.”
”Daar is heelwat dinge wat ek een of ander tyd sal moet verduidelik.” stel hy voor en sy knik.
”Maar vir eers is ek honger.” en vir ‘n oomblik is hy verbaas.
”Jy gaan nie baklei nie?” en sy sug effens.
”Majoor, ek is nie ‘n kind nie en ek is nie meer kwaad nie, ek verstaan dit was jou werk.
”Miskien nog nie die ontvoering nie, maar ek het niks oorgekom nie.
”Maar Thys de Vries en sy maatjie moet hoop ek kry hulle nie iewers nie.” hy kyk weer geamuseerd na haar.
”Hoekom is alles wat ek sê snaaks vir jou?”
”Gaan lê weer, jy moet slaap.” vermy hy die vraag.
”Ek slaap nou al die hele dag.”
”Dis help om beter te word.”
”Mmmm, maar ek is nog steeds honger.”
”Wat bring ek?”
”Pizza met chillies.”
”Ek kan dit vir ons gaan haal.”
”En bring tog net vir my ook ‘n koeldrank.” en hy glimlag.
”Wat drink jy?”
”Dieselfde as jy.”
”Jy mag kies.”
”Majoor, sal jy asseblief ry, ek wil toilet toe gaan.”
”Hoekom gaan jy nie toilet toe nie?”
”Omdat ek nie toeskouers nodig het nie.”
”Ek gaan nie vir jou kyk nie.”
”Sal jy nou asseblief ry.” hy kyk fronsend na haar.
”Gaan jy self regkom?”
”In die toilet?” vra sy en hy glimlag weer.
”Nee, op pad soontoe toe. As jy weer omval is ek nie hier nie.”
”Ek sal die kans waag.”
”Ek sal nie lank wees nie.” sy knik en hy frons weer.
”Jy hoef nie oor my te bekommer nie, ek sal dit maak.”
”Jy moet sê ry mooi.” en sy frons.
”Dis hoe mens dit doen, ek het verlede jaar al vir jou gesê.”
”Ag toggie tog. Ry mooi, Majoor.”
”Yster.”
”Wat?”
”Ry mooi, Yster.”
”Rerig?” vra sy ongelowig en hy knik.
”Hoekom?” wil sy weet en hy wag sonder om iets te sê.
”Ry mooi, Eben.” en vir die oomblik is hy verstom.
Dit sal werk.
Dit sal heeltemal fokken werk.
”Dankie, Stormpie, ek sal.” knik hy gelukkig en hy sien die verbasing in haar oë ook.
Ons gaan nog groot maatjies word, ek en jy.
Jy gaan so vinnig van jou naweekpomp vergeet jy sal dit nie glo nie.
Hy ook nie.
Of Hannes nou getroud is of nie, ek gaan hom baie beslis hier uitgooi
