Skip to content

Yster Boek 2 Opleiding – Hoofstuk 48

Maandagoggend vroeg staan Yster buite by sy bakkie toe Aryna ingery kom. Toe sy uitklim kan hy sien sy het sleg gesonbrand.
”Hei, Storm.” groet Henk baldadig.
”More Henkie.”
”Hoekom lyk jy so?” vra hy en frons ongelukkig.
”Die son het my gebrand.”
”Ek kan sien, hoekom dra jy nie ‘n hoed nie?”
”Ek het nie daaraan gedink nie.”
”Maar jy weet dit gebeur.”
”Dis nou te laat om te baklei.”
”Ek hoop die son het die klein Engelsman ook goed bygekom. Hoe lyk hy?”
”Ek weet nie, maar dit het nie so gelyk nie.” dan sien sy vir Yster en sy kyk direk vir hom
”More Majoor.” groet sy kalm.
”More Kaptein.” groet hy netso kalm terug.
Dan aanvaar ek jou besluit, poplap.
Ek hoop jy kan myne ook aanvaar.
Ek het regtig gehoop jy sal anders besluit maar nou is ons hier.
”Kan jy nou in beweging skiet?” vra Henk nuuskierig en sy knik.
”Ek dink so.” en Henk kyk opgewonde na Yster.
”Is dit so, Majoor?” en hy knik.
”Dan kyk ons of jy volgende keer die dinosaur kan huis toe vat?” en sy glimlag vir hom.
Dan stap Yster na binne en die hele span agter hom aan. Hulle gaan saam met hom na die
lesingslokaal en gaan sit.
”Ek hoop almal het gerus.” en die manne knik almal saam.
”Dan wil ek vir julle my program uiteen sit.” en hy kyk ernstig vir hulle.
”Alles wat ons gaan doen is wat al hanteer moes word in die bestaande spanne. Ek gaan nie jou tyd mors nie, en jy mors nie my tyd nie.”
”Noodseine is ‘n groot deel van ons optrede en dit gebeur baie in die donker. Ek waarsku jou nou, dit gaan geoefen word.
”So as daar ‘n sein deurkom op jou foon is jy hier in vol kit. Net soos jy elke dag werk. Met jou vest aan.
”Ek reik vir jou ‘n aanvalswapen uit en dan vertrek die hele span saam na die perseel wat aangedui word.
”Ek wag nie langer as veertig minute nie. Verstaan almal?” en almal knik saam.
”Daar gebeur baie dinge in stede en ek gaan jou genoegsaam voorberei om jouself en die span te beveilig so ver as wat menslik moontlik is.
”Die meeste van ons is nie meer twintig nie en van julle was lanklaas fisies fiks genoeg soos wat ek vir die volgende vyf dae van julle gaan verwag.
”Die beste wat ek vir jou kan voorskryf vir uitputting is genoegsame elektroliete. Moenie dink jy gaan niks oorkom nie.
”Krampe is algemeen en as jy geneig is om dit te kry maak seker jy drink vrugtesout, dit word
algemeen in die Comrades mediese tente gebruik.” Alex lig sy hand.
”Yes Khumalo.”
”Wat is vrugtesout?”
”Eno’s.”
”It works for cramps?” vra hy verbaas en Yster knik. ”Good to know.”
”Ek gaan aan. Wanneer jy ontwater is sal jy nie optimaal kan saamwerk nie.
”Warm water sal jou ook help ontspan na ‘n lang dag. Bad is beter as stort en as daar iemand is wat jou kan masseer sal dit ook help.
”Moenie allerhande kak drink wat jy nie kan afslaap nie. As jy hier aankom en jou gat stamp nog van die vorige aand gooi ek jou summier uit.
”Enige vrae?” nou is almal stil.
”Dit is jou verantwoordelikheid om my te laat weet as jy beseer is.
”Ek hou gewoonlik dop wat gebeur maar ek kan nie altyd oral sien nie, ek moet weet as jy iewers in ‘n sloot bly lê en wag om dood te gaan.
”Ek het altyd ‘n mediese sak by my en as dit erger is as wat ek kan hanteer moet dit vinnig versorg word. Die plan is nie om nuwe kanidate te verongeluk nie, die idee is om jou voor te berei.
”Jy moet aan die einde van die dag weer kan huis toe gaan met alles wat nog werk soos dit moet.
”Enige vrae?” en niemand praat nie.
”Eet asseblief ontbyt. Dis warm in die son en jou energie verbruik gaan ernstig toeneem.
”Ek sal seker maak daar is genoegsame middagete maar ontbyt is belangrik.
”Maak seker jy rus wanneer jy kan.
”Noodseine is ‘n bliksem aan die begin.
”Jou slaap patrone gaan sleg ontwrig word maar jy sal daaraan gewoond moet raak.
”Enige vrae?” weer reageer niemand nie.
”Ons gaan nie elke dag teen dieselfde tempo werk as wat ons oefen nie.
”Maar glo my, daar gaan dae wees wat net so erg en erger gaan wees. Julle weet hoe dit werk.
”As daar ‘n ding in die drinkwater gedonner het is ons die eerste span wat dit moet kan uithaal.
”Ons gaan nou as ‘n span na die College perseel waar daar genoegsame strukture is om realisties te oefen sodat julle verstaan wat van almal verwag word.
”Enige vrae?” en niemand reageer nie.
”Is jy seker?” weer antwoord niemand nie.
”Beyers?”
”Yes Major.”
”Verstaan jy?”
”Yes Major.”
”Goed, ons ry oor tien minute, ons draai eerste by die pompe in en maak seker ons het almal petrol.” en dan kyk hy ernstig na Aryna.
”Kaptein Storm, kontak asseblief jou verkeers man of die roete oop is tot by die College.” en sy knik.
”Ek is in my kantoor as enige iemand my soek.” en hy draai om en stap rustig uit.
”En nou jou gesig?” vra Willem en kyk fronsend na Aryna.
”Dis sonbrand.”
”Ek kan sien, het jy iets om aan te smeer?”
”Hoekom?”
”Hy het nou net gesê ons gaan buite in die son wees. Hoe dink jy gaan jy by vanaand lyk as jy
verder brand?”
”Ek het nie daaraan gedink nie.”
”Jisses Storm, jy weet hy wil jou nie hier hê nie, kry iets om aan te smeer. Hoekom het jy nie
daaraan gedink nie?” en sy kyk fronsend na hom.
”Maak ‘n plan.” en hy stap weg terwyl sy verbaas na hom staan en kyk.
”Is dit hoe jy gaan lyk as jy saam met daai Engelsman gaan rondry het oor die naweek?” vra
Lourens en staan ook nader.
”Lourens, asseblief. Nie jy ook nie, Henk en Willem het nou al met my geraas.”
”Wat gaan jy aansmeer?”
”Ek moet vir Blackie bel.”
”Kry eers room of iets.”
”Wat ek waar gaan kry? Ek het nie sulke goed in my handsak nie.” dan kom staan Yster voor haar en gee vir haar ‘n buis sonskerm aan.
”Maak seker jy dra jou pet.” is al wat hy sê voor hy weer wegstap.
Sy kyk fronsend na die buis in haar hand en dan na sy rug.
”Smeer dit aan voor ons ry.” sê Lourens ernstig en stap ook weg.
”Goed, jy het iets gekry.” praat Willem weer en klink verlig toe hy die buis in haar hand sien.
”Het jy al vir Blackie gebel?”
”Ek sal nou.”
”Smeer daai goed aan.”
”Ek sal nou, Willem. Maar ek kan net een ding op ‘n slag doen.”
”Dis nie waar nie, jy is ‘n vroumens, julle kan alles gelyktydig doen.”
”Ag man, los my uit.”
”Bel eerste vir Blackie, hy wil ry.”
Na tien minute staan die hele span buite by hulle gemerkte patolliemotors. Yster kom rustig
aangestap en kyk vraend na Aryna wat nou ‘n pet op het. Haar hare is vas en net die stert is agter in haar nek sigbaar.
”Kaptein Storm, is die roete oop?” vra hy kalm.
”Ja, Majoor, vir die oomblik. Ek sal hopelik ‘n oproep kry as dit verander.”
”Het jy die room gebruik?” en sy knik.
”Maak seker jy gebruik dit weer deur die dag nadat jy ordentlik afgespoel het.” en sy knik weer.
”Goed. Dan gaan ons petrol ingooi.” en in ‘n ry verlaat die kanidate span die Jeppe Stasie perseel met Yster se bakkie wat voor ry.


Dag 1.
”Goed, kan almal hoor?” begin Yster nadat almal in een van die College klasse bymekaar gekom het en sitplek gekry het.
”Daar staan ‘n gewone sedan, ‘n geldwa, ‘n swaar voertuig en ‘n bus.” en almal kyk waar hy na buite wys.
”Soos julle almal weet is highjackings van die algemeenste oortredings wat gepleeg word. En daar staan al die voorbeelde.
”Ons gaan vinnig na ‘n paar videos kyk om te verstaan wat al gebeur het en wat kan gebeur.
”Een van die gevaarlikste situasies is CIT’s*, hierdie oortreders werk vinnig en akkuraat met
inligting wat gewoonlik van binne af aangegee of gekoop word.
”Hulle is nie bang om amptenare of samewerkers binne in die waens dood te skiet nie.
”Van hierdie voertuie het ingeboude swak struktuur foute wat vererger word met die panele wat aangeheg word. Ons sal later buite by die voertuie daarna gaan kyk.
”Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde en dan bespreek ons vinnig wat ons sien.” verras sien hy Neil se hand in die lug.
”Yes Beyers?”
”Why is there a bus?”
”Omdat hulle targets is.”
”But I understood that the man with the hat don’t want us to help them.”
”Daar is baie stories.”
”It’s not true?”
”Daar is nie busroetes in die stad oor nie, maar hulle word nog partykeer gebruik in van die
woongebiede wat ons sal patroleer. En as daar probleme is en eiendom beskadig word gaan ek nie wegkyk omdat daar taxi verenigings in ag geneem moet word nie.” en Neil knik tevrede.
”And the truck?” vra Khumalo.
”You need to understand how the tracking and cameras work inside.”
Yster skakel ‘n groot TV skerm aan en dan begin die videos speel.
”Goed, is almal hier?” en die groep gaan staan nader,.
”Kaptein Storm, staan nader. Jy is eerste.”
Met etenstyd is die manne al natgesweet en warm. Yster soek na Willem en staan nader.
”Waar is Storm?”
”Badkamer toe.”
”Maak seker sy gebruik die sonskerm en drink genoeg water.”
”Ek sal.” hulle knik saam en Yster gaan sit by Neil om te eet.
Dis nie lank nie of Aryna kom ingestap sonder haar pet en hy kan sien sy het haar gesig gaan
afspoel en nog room aangesmeer.
Haar hare en haar hemp lyk nat en toe Willem sy oog vang knik hy tevrede.
Nadat hulle geëet het sien hy hoe sy weer die pet opsit voor hulle almal weer saam na buite stap.
Teen die einde van die dag het hulle soveel scenarios bespreek en geoefen dat almal rooi verbrand is in die warm somer son.
Almal verstaan wat in die voertuie moet gebeur en wat die beste benadering is as ‘n voertuig
bestuurder in gevaar verkeer.
Deur die verloop van die middag het een van SAPS se anti-highjack spanne opgedaag om vir hulle verder videos te wys oor wat alles verkeerd kan gaan en waarvoor om op te let.
”Kaptein Storm.” roep Yster na Aryna toe hulle vir die dag afsluit. ”Het jy genoeg water gedrink?” en sy frons. ”Water sal help om jou vel te herstel.”
”Hoeveel is genoeg?”
”Is jy dors?” en sy knik. ”Dan het jy nie genoeg water gedrink nie.”
”Ek sal drink.” en hy knik.
”Wil jy dit terug hê?” vra sy en hy knik.
”Sonbrand is algemeen en dit moet versorg word.” en sy knik.
”Goed, dit was dag een. Ons gaan terug Stasie toe en more gaan ons aan.”


Dag 2
”Goed. Ek wil vir julle wys hoe lyk die geboue binne wat onwettig bewoon word. Onthou dat daar geen lopende water of elektrisiteit is nie.
”Dis warm in die somer en koud in die winter.
”Die gange is smal en donker en die vloere is glad en gevaarlik.
”In van die geboue maak hulle soveel as moontlik skoon sonder water, maar in ander geboue word niks versorg nie. Veral as daar saam gerook en gedrink word.
”Daar word kos gemaak op oop vure en orals is kinders wat nooit uitgevat word in die son nie.
”Daar word geen vullis verwyder nie en in van die geboue word dit nie eers uit die gebou verwyder nie. Dit veroorsaak gesondheids risikos en rotte word orals aangeterf.
”Daar is ook geweldadige politieke vervolging wat oorspoel van veral uit Zimbabwe.
”Khumalo!”
”Yes Major.”
”Verstaan jy Shangaan?” en hy knik.
”Yes, I do.”
”Ons sal gewoonlik saam met die local Stasies ingaan wanneer daar drug raids gedoen word. Ek verwag nie dat dit te gereeld gedoen sal word nie.
”Maar ek verwag noodseine sodra hulle van ons weet.
”As ons klaar gekyk het gaan ons kyk wat ons saam kan leer om vinnig en veilig in sulke geboue te beweeg as ‘n span.”
Hy skakel weer die TV aan en hulle kyk saam na opnames wat die sosiale verval uitbeeld.
”Ons gaan saam na die oefen terrein buite en ons kyk wat ons kan leer.”
”Kaptein Storm, jy is eerste.”
Met middagete sien hy weer nie vir Aryna nie.
”Waar is Storm?” vra Yster waar hy langs Willem gaan staan.
”Sy is hier.”
”Drink sy genoeg water?”
”Ek weet nie, ek sal haar vra as sy inkom?”
”Bly sy by?”
”Jy druk fokken hard en aanhoudend.”
”Ek weet maar daar is net soveel tyd. Ons moet so gou as moontlik begin met patrollies.” en Willem knik.
”Ek sal kyk as sy inkom.” en hy gaan sit langs Willem. Na ‘n paar minute is sy nog nie terug nie en Yster staan op.
”Ek gaan kyk waar sy is.”
Hy kry haar nêrens nie en gaan later in die dames toilet in. Daar lê sy op haar rug met haar voete teen die muur.
”Storm?” en sy reageer nie.
”Storm.” en hy gaan hurk langs haar en dan maak sy haar oë oop. ”Wat maak jy?”
”Ek lê”
”Ek kan sien, maar hoekom hier?”
”Dis die enigste plek wat koel is.” en hy knik.
”Hoeveel water drink jy?”
”Ek drink as ek dors is.”
”Jy moet kom eet.”
”Ek is nie honger nie.”
”Dit maak nie saak nie, jy het die energie nodig.”
”Mag ek vir tien minute net hier lê?” vra sy en hy knik.
”Smeer jy nog van die sonskerm aan?”
”Ek het net nou weer.” en hy stap uit.
”Het jy haar gekry?” vra Henk toe hy weer by hulle gaan sit, en hy knik. ”Waar is sy?”
”In die dames badkamer.” en hy frons effens.
”Jy het ingegaan?” en hy knik.
”Sy sê sy koel af.” en Henk trek sy mond.
”Ek dink nie sy drink genoeg water nie.” en Yster knik en eet saam met hulle.
”Gaan sy dit maak?” vra Henk en Yster lig net sy wenkbroue.
”Daar is nog drie dae oor, julle moet seker maak sy eet.”
”Hoe lyk jou volgende drie dae?” vra Willem en Yster trek sy mond.
”Stywer as vandag. Baie stywer as vandag.” en die manne kyk stil na mekaar.
”Storm.” en sy maak haar oë oop.
”Tien minute, kom.” sy sit regop en hy gee vir haar ‘n botteltjie melk aan. Sy kyk verbaas na hom.
”Drink, dis koud.” en sy drink dit vinnig op.
”Jy moet kom eet.”
”Ek is nog nie honger nie.”
”Ek wag.” sê hy streng, dan staan sy. ”Jou kos is by Visser en Greyling.”
”Jy hoef my nie te versorg nie, ek is nie ‘n invalide nie. Ek kry net warm.”
”Jy mors my tyd, almal wag vir jou.” en hy stap weer uit voor sy kan praat.

Published inBoek 2 HoofstukkeYster-Boek 2